Huisgenoot

Rumacques Gelderbloe­m

Die Pasella-aanbieder gesels oor sy pad na die kassie

-

GESOUTE AANBIEDER Ons het dié boorling van Worcester in die Wes-Kaap in 2018 leer ken as een van die aanbieders van die joernaalpr­ogram Pasella. Sedertdien het Rumacques Gelderbloe­m (35) ook al as veldaanbie­der in die aktualitei­tsprogram Klop! gesig gewys.

Hy kuier nou weer in ons sitkamers vir die 28ste seisoen van Pasella. Hy was nog altyd ’n groot aanhanger van die reeks en het as kind opgesien na Paul Rothmann, wat die afgelope 22 jaar ’n aanbieder van die program is. Sy heel eerste onderhoud vir Pasella was met die Suidooster-aktrise Jill Levenberg. Rumacques wou nog altyd ’n aanbieder wees. “Om met mense te connect, kennis op te doen en ander te inspireer is ’n voorreg wat ons het.”

SY GROOTWORDJ­ARE Rumacques het op Worcester grootgewor­d as die oudste van sy pa, Nolan van der Westhuizen (54), en sy onderwyser­es-ma, Cynthia (61), se drie kinders. Hy het ’n jonger broer, Craig (29), en suster, Charlyn (30). Hy het in 2003 aan die Sekondêre Skool Worcester gematrikul­eer. “My kosbaarste herinnerin­ge van my grootwordj­are is om in die reën of son te speel sonder enige bekommerni­sse oor materialis­tiese dinge of my identiteit,” sê hy. Hy het ná skool onder meer bemarking aan die Boland Kollege en die Universite­it van Wes-Kaapland studeer, maar nooit die kursusse voltooi nie omdat hy nie ’n beurs gehad het nie. Daar is nog talent in sy familie. “Van hulle is baie talentvol wat sang betref,” laat hy hoor.

RAPPER Sy pad het in 2003 die eerste keer met dié van Simon Witbooi, oftewel die rapper HemelBesem, by ’n kerk op hul tuisdorp, Worcester, gekruis. Hy was in matriek toe HemelBesem, wat in daardie stadium ’n pastoor by ’n plaaslike kerk was, hom aan rap blootgeste­l het. Sedertdien speel dié musikant en skrywer, wat sedert 2015 ook ’n aanbieder is in Pasella, ’n groot rol as vriend en mentor in Rumacques se lewe.

Rumacques, wat onder die verhoognaa­m Oxijin optree, het ook al musiek gemaak saam met HemelBesem en kan gehoor word op die rapper se album Evil is maklik.

Hy woon op Worcester, maar is gedurig op die pad of in die Karoo. Weg van die kameras en die mikrofoon sal jy hom in die natuur aantref. “Ek sal sit en skryf of my kruie navors by die huis.”

 ??  ?? Rumacques Gelderbloe­m se eerste onderhoud vir Pasella was met Jill Levenberg.
PUIK BAIE GOED GOED SO-SO
’n RAMP
Rumacques Gelderbloe­m se eerste onderhoud vir Pasella was met Jill Levenberg. PUIK BAIE GOED GOED SO-SO ’n RAMP
 ??  ?? Deur JODY-LYNN TAYLOR
Saam met sy vriend en mentor, HemelBesem. Die twee is albei van Worcester en aanbieders van Pasella.
Deur JODY-LYNN TAYLOR Saam met sy vriend en mentor, HemelBesem. Die twee is albei van Worcester en aanbieders van Pasella.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa