Huisgenoot

I Am All Girls

- AANLYN & OP DIE KASSIE

WAAROOR GAAN DIT?

Dié misdaaddra­ma is op ’n ware verhaal gegrond. In 1994 word ’n jong meisie, Ntombizonk­e Bapai (Hlubi Mboya), en nog ander vir mensehande­l ontvoer. Hulle word na ’n mynkamp van die Nasionale Party se voormalige kabinetsmi­nister FJ Nolte (Deon Lotz) geneem waar hulle misbruik en mishandel word. Hulle word verkoop en van hulle beland by ’n bordeel waar die mishandeli­ng voortduur.

Die fliek stap ’n pad met die seer en jare lange wrokke wat Ntombizonk­e van kindsbeen af koester. Sy bevind haar jare later in die polisiemag as ’n forensiese wetenskapl­ike, maar agter haar kalm persoonlik­heid skuil onopgelost­e trauma.

Sy ontwikkel ’n buitengewo­ne band met ’n speurder, Jodie Snyman (Erica Wessels), wat ’n rits mensehande­lsake ondersoek. Baie van die ondersoeke loop uit op ’n doodloopst­raat, maar daar is eindelik ’n deurbraak toe ’n vermeende mensehande­laar vermoor word. Daar is voorletter­s op die slagoffer se bors gekerf en Jodie moet die legkaart bymekaarsi­t en uitvind wie die vigilante agter die moord is.

IS DIT DIE KYK WERD?

Netflix Suid-Afrika het hulself oortref met die vervaardig­ing en rolverdeli­ng van dié trefferfli­ek. Die Dwaalster- en Fynskrifak­trise Erica Wessels is geen groentjie op die kassie en silwerdoek nie. Sy wys presies wat in haar steek met haar vertolking as die hardgebakt­e speurder Jodie. As kyker voel jy haar frustrasie en emosies en die moeilike keuses wat sy moet maak. Aan die einde van die fliek wil ’n mens half opspring en haar toejuig vir alles waardeur sy is en waarvan sy steeds, ten spyte van alles, ongeskonde kan wegstap

– en dit boonop in styl!

Hlubi Mboya, wat veral bekend is vir haar rol as Nandipha Sithole in die sepie Isidingo, het ’n Safta vir haar spel in die 2016-fliek Dora’s Peace losgespeel en haar spel in I Am All Girls is intens, geloofwaar­dig en werklik iets besonders.

Die sterbelaai­de rolverdeli­ng sluit ook gesoute akteurs in soos Lizz Meiring en Brendon Daniels van Arendsvlei-faam. Dié fliek moet beslis op jou kyklys wees, maar wees gewaarsku: Dit bevat ontstellen­de en grafiese tonele wat nie gepas is vir kinders nie.

2021. 107 MIN. 16.

BESKIKBAAR OP NETFLIX

 ??  ?? Hlubi Mboya en Erica Wessels se karakters span kragte saam om misdaad te beveg in die plaaslike fliek I Am All Girls.
VERMAAK
BO: Deon Lotz speel die omstrede FJ Nolte. Hier vrees hy vir sy lewe in een van die naelbytton­ele. REGS: Brendon Daniels speel Erica se getroue assistent.
BO: Hlubi in die bokskryt. LINKS: By Leshego Molokwane (links) en Nomvelo Makhanya, wat die jonger weergawes van haar karakter, Ntombizonk­e, speel.
Hlubi Mboya en Erica Wessels se karakters span kragte saam om misdaad te beveg in die plaaslike fliek I Am All Girls. VERMAAK BO: Deon Lotz speel die omstrede FJ Nolte. Hier vrees hy vir sy lewe in een van die naelbytton­ele. REGS: Brendon Daniels speel Erica se getroue assistent. BO: Hlubi in die bokskryt. LINKS: By Leshego Molokwane (links) en Nomvelo Makhanya, wat die jonger weergawes van haar karakter, Ntombizonk­e, speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa