Huisgenoot

THE UNITED STATES VS. BILLIE HOLIDAY

-

In Billie Holiday se skoene Dié skokkende maar roerende biografies­e prent volg die lewe van die ikoniese Amerikaans­e jazz- en swingsange­res Billie Holiday, wat die wêreld laat regop sit het met haar liedjie “Strange Fruit”.

Billie is as Eleanora Fagan gebore. In die fliek stap die kyker die pad saam met Billie deur haar moeilike grootwordj­are en haar pad na roem.

Tydens haar loopbaan word sy die teiken van ’n ondersoek deur die federale narkotikab­uro. Die ondersoek word gelei deur die federale agent Jimmy Fletcher (Trevante Rhodes) wat eindelik verlief raak op dieselfde vrou wat hy agter tralies moet sit.

Billie Holiday-aanhangers kry ’n kykie in haar traumaties­e lewe en uitdagende pad na roem.

Is dit goed? Die beeldskone sangeres Andra Day, wat verantwoor­delik is vir die treffer “Rise Up”, se spel as Billie is glansryk, rebels en totaal asemrowend. Geen wonder sy het vanjaar met ’n Golden Globe weggestap vir beste aktrise in ’n dramaprent vir haar spel nie.

Haar liedjie “Tigress & Tweed” in die fliek is ook vir ’n Golden Globe benoem.

Billie se lewensverh­aal wys die donker kant van Hollywood. Die trauma waardeur sy as kind moes gaan, en selfs later in haar huwelik moes deurmaak, is skokkend. Daar word ook baie klem geplaas op haar dwelmmisbr­uik, maar wanneer sy daardie verhoog betree, is sy sowaar ’n ster.

The United States vs. Billie Holiday is ’n moetsien, maar bevat gewelddadi­ge en seksuele tonele en naaktheid wat nie in almal se smaak sal val nie. 2021. 126 MIN. 16SNGT. BESKIKBAAR OP DSTV BOXOFFICE

 ??  ?? LINKS: Die Amerikaans­e sangeres Andra Day as Billie Holiday. BO: Saam met Trevante Rhodes, met wie sy heelwat vurige tonele deel.
LINKS: Die Amerikaans­e sangeres Andra Day as Billie Holiday. BO: Saam met Trevante Rhodes, met wie sy heelwat vurige tonele deel.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa