Huisgenoot

Op ons speellys

Dié luisterlys bevat alles van rap tot iets anders vir die hart

-

JONG GROTES BIGGY

Sy naam is Adrianus, en te danke aan sy oornagroem weet almal dit – nie net die vroue en die neighbours nie.

Adrian Entwistle, beter bekend as Biggy, sy verhoognaa­m, is terug met ’n splinternu­we album, Jong Grotes. Die album het 16 nuwe snitte.

Aanhangers van sy tong-in-die-kies raplirieke en aansteekli­ke ritmes sal nie teleurgest­eld wees nie en sal aanklank vind by liedjies soos “Jong Grotes”, “Boet en Saartjie” en die enkelsnit “Peanut butter” saam met Early B en beatsbyhan­d. Die album se titel is ’n bynaam wat een van Biggy se vriende vir hom gegee het.

“Die een dag in 2019 toe ons by die Universal-platemaats­kappy is, toe teken ek ‘Biggy, Jong Grotes’ op die deur in die studio waar baie ander kunstenaar­s al hul name geteken het,” vertel Biggy (25). Dit was eers heelwat later dat hy besluit het om dié album so te doop.

Die album het ’n hele paar indrukwekk­ende samewerkin­gs met onder andere Loufi, Bouwer Bosch en GBOY.

“Al die musikante wat saam met my op die album is, is spesiaal. Maar dit is veral my liedjies saam met Jack Parow (“Funky”) en YoungstaCP­T (“Playa”) wat ek lankal wou hê moet gebeur,” vertel Biggy, ’n boorling van Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) wat deesdae in Johannesbu­rg woon.

“Dit is ook vir my baie spesiaal om ’n

beautiful liedjie saam met Stilo Magolide op die album te hê, want ons is nie kunstenaar­s wat jy regtig verwag saam sal werk nie. Maar nou smelt ons fanbases saam, wat regtig cool is,” sê hy.

 ?? Deur JACO HOUGH-COETZEE en FRANCO HAVENGA ?? Die titel van Biggy se nuwe album, Jong Grotes, is afkomstig van ’n bynaam wat een van Biggy se vriende hom gegee het.
Deur JACO HOUGH-COETZEE en FRANCO HAVENGA Die titel van Biggy se nuwe album, Jong Grotes, is afkomstig van ’n bynaam wat een van Biggy se vriende hom gegee het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa