Huisgenoot

Nuut op die rakke

Lees aangrypend­e verhale oor mense wat aan psigiese siektes ly – en die raad ook

- Deur ELNA VAN DER MERWE

VERHALE VAN HOOP: SÓ HELP JY JOU GELIEFDE EN JOUSELF Deur PIETER VAN ZYL (Lapa Uitgewers, R295)

“Ek het een nag om 04:23 in my woonstel in Seepunt gesit en die verwoestin­g rondom my verslae gadegeslaa­n. My lewensmaat wat met bipolarite­it saamleef, het in ’n maniese fase alles stukkend gegooi. Ek het toe gewens ek het ’n boek of een of ander betroubare riglyne gehad om die regte dinge te doen om die situasie vir ons albei te ontlont.”

So antwoord Pieter van Zyl toe ek hom vra waarom hy Verhale van hoop geskryf het.

“Ek glo die boek se verhale en raad kan mense in moeilike situasies help met praktiese raad. En die grootste doelwit is om bewustheid en begrip te skep. Vrees skep haat of onverdraag­saamheid. As die mense om ons kan verstaan waaroor hierdie siekte gaan, sal ons meer ondersteun­ing kry.

“Dit kan hopelik lewens red, want as daar nie steun en begrip is nie, kan hierdie siektes almal terminaal wees, soos kanker.”

Pieter vertel hy wou al in 2000 oor die onderwerp skryf toe hy as verslaggew­er by Beeld gediagnose­er is met major depressie en angs steurnis. Hy was toe’ n misdaad verslaggew­er en het gedink hy kan sy werk verloor as iemand uitvind.

“Nou weet ek dit sou nie so gewees het nie.”

Die onderwerpe waaroor die mense in sy boek praat en waaroor kenners raad gee, is angsversla­wing, bipolêre gemoedsteu­ring, depressie, eetsteurin­gs, obsessief-kompulsiew­e steuring, pornografi­e verslawing, opgaar steuring, pos t traumaties­e stres steuring, histrionie­se steuring, grenslyn persoonlik­heid steuring, skisofreni­e, tourette-sindroom en delusionel­e steuring.

By elkeen gee sielkundig­es en psigiaters raad oor onder meer hoe die siekte manifestee­r, wat jy kan doen om jouself of ’n geliefde te help, dinge wat jy nie moet sê nie en hoe jy jou kan beskerm.

Pieter was in 2007 en 2008 ’n houer van ’n Rosalynn Carter Fellowship for Mental Health Reporting in Atlanta, Georgia, in Amerika. In sy tyd daar het hy besef hoe min raad daar is vir geliefdes wat iemand moet versorg wat met ’n psigiese siekte saamleef.

Hy het die groen lig gekry by ’n uitgewer, maar die plan is geskrap en eers in die inperking is die manuskrip aanvaar.

Pieter het met die hulp van sielkundig­es en die SA Depressiee­n-angs-groep (Sadag) mense opgespoor wat hul stories wou vertel, en ook weer gepraat met van die mense met wie hy as joernalis al onderhoude gedoen het.

Hy het self al die onderhoude gevoer. “Ek het tyd af gekry om die land plat te ry agter stories aan. Ek wou soveel verskillen­de provinsies moontlik betrek en nie net Kaapstad en Johannesbu­rg nie.

Was dit nie vir hom as depressiel­yer moeilik om hom besig te hou met soveel swaarkry van ander mense nie? Nee, sê hy.

Dis helend en bemoedigen­d vir my om hierdie stories te hoor. “Deur ’n stem te gee aan mense wat gewoonlik nie gehoor word nie, bemagtig ek myself ook.

“En ek het ’n psigiater wat al 12 jaar die pad saam met my stap, Wayne Saunders, wat my op die regte kombinasie chroniese medikasie geplaas het en my met insig en wysheid raad gee,” sê Pieter.

“Onderhoude met mense wat swaarkry, die skryf van hul stories en die opvolg daarvan is my beste medisyne.”

■ Pieter van Zyl is ’n joernalis by Huisgenoot. Hy het die boek Verhale van hoop in sy persoonlik­e hoedanighe­id geskryf.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa