Huisgenoot

KAAPSTADHA­WE

Dié pragtige hawe is ideaal geleë en het ’n fassineren­de geskiedeni­s wat oor eeue strek

-

KAAPSTAD het een van die mooiste hawens ter wêreld, met Tafelberg as agtergrond. Die berg beskut die hawe teen die sterk suidoostew­ind. Dit is ook die oudste werkende hawe in die Suidelike Halfrond.

LIGGING

Die hawe is in Tafelbaai, aan een van die besigste handelsroe­tes ter wêreld. Dit hanteer veral vragte tussen Europa en die oostelike deel van die aarde. Die hawe is met talle paaie en spoorlyne aan die binneland verbind.

GEBRUIKE

B Kaapstadha­we hanteer vraghouers van

’n paar miljoen ton per jaar. Dit hanteer die grootste hoeveelhei­d vars vrugte en, naas Durban, die meeste vraghouers in Suid-Afrika. B Dit het goeie skeep s herstel geriewe.

B Baie passasiers­kepe meer hier vas. B Verskeie sleep- en plesierbot­e word ook deur die hawe bedryf.

GESKIEDENI­S

DIE BEGIN

’n Klein hawehoof is in 1654 gebou as deel van ’n verversing­spos (vir vars kos en water) vir die reise van Nederlands­e skepe tussen dié Europese land en Nederlands-Indië (vandag Indonesië) in Asië.

EERSTE HAWE

Die woeste winterstor­ms het talle skepe verwoes en ’n hawe, met die Alfred-hawekom, is in 1870 voltooi.

ONTDEKKING VAN DIAMANTE

In 1867 is diamante in die binneland ontdek. Die groot diamantsto­rmloop (mense wat van oor die wêreld hierheen gestroom het om diamante te ontdek) het gelei tot ’n groot toename in skepe en in 1905 is die Victoria-waterkom voltooi.

TWEEDE WÊRELDOORL­OG

Weens ’n toename in handel en skepe tydens die Tweede Wêreldoorl­og is ’n nuwe dok, later die Duncan-dok genoem, in 1945 voltooi. Die grond wat uitgegrawe is, is gebruik om ’n groot gebied wat onder water was op te vul en so is die Strandgebi­ed gevorm wat vandag van Kaapstad se hoogste geboue bevat.

GROTER VRAGSKEPE

In 1977 is die vraghouerk­aai gebou om plek te maak vir vraghouers en vir vragskepe wat langer en dieper is.

 ?? Saamgestel deur BURGERT BEHR Infografik­a: MICHAEL DE LUCCHI ??
Saamgestel deur BURGERT BEHR Infografik­a: MICHAEL DE LUCCHI

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa