Huisgenoot

5 VRAE AAN MARC LOTTERING

-

Die Kaapse komediant het ’n nuwe komediever­toning, Loitering at the City

Hall, saam met die platejoggi­e Chad Chitter op die planke en bedryf sy eie klerereeks waarop pittige sêgoed van sy verhoogkar­akters pryk. Marc verklap wat hy tydens die inperking geleer het.

1 Hoe was dit om tydens die inperking te werk?

Dit was nogal ’n skuif om aanlyn te moet beweeg. Ons moes aanvanklik met geen gehoor skiet nie, wat baie vreemd was.

2 Hoe voel jy oor die steun wat jy in dié moeilike tyd gekry het?

My aanhangers was lojaal en ek kan hulle nie genoeg bedank dat hulle daar was vir my wanneer ek ’n nuwe vertoning aangebied het nie. Hulle het my gedra.

3 Noem een ding wat jy wens jy voor die inperking geweet het?

Dat ek vir soveel ure net my oë sou wys oor ek ’n masker moet dra. Ek sou sagter met my oogarea gewees het.

4 Noem een ding wat die inperking jou geleer het?

Moenie drukkies as vanselfspr­ekend aanvaar nie.

5 Hoe was dit om met Chad Chitter saam te werk?

Hy is te mooi. Dis afeidend, maar ek bly gefokus. Sy energie is aansteekli­k. Dames (en sommige here) bedank my dat ek Chad saambring.

AANHANGERS het gedink Matthew Perry het eindelik sy groot liefde ontmoet toe hy aan Molly Hurwitz verloof geraak het, maar nou is hy weer enkellopen­d. Die 51-jarige Friends-akteur en die 29-jarige talentbest­uurder het in 2018 begin uitgaan en sewe maande gelede hul verlowing aangekondi­g.

“Gelukkig is ek op die oomblik saam met die wonderliks­te vrou op aarde,” het Matthew toe gesê.

Maar nou is dit alles verby. “Soms werk dinge net nie uit nie en dis een van daardie dinge,” het Matthew aan People gesê. “Ek wens Molly net die beste toe.”

Nuus oor die verbrokkel­ing van hul verhouding volg net ’n paar weke nadat hy uitgevang is dat hy op Raya, ’n maatsoek-app vir bekendes, met ’n 19-jarige meisie flankeer het. Kate Haralson (nou 20) het in April ’n kort videogreep gedeel van ’n gesprek toe hy verlede jaar by haar aangelê het. In die video van

16 sekondes glimlag Matthew en vra vir sy potensiële maat: “Is ek so oud soos jou pa?”

Matthew se vriende is bekommerd dat die einde van sy verhouding met Molly vir hom rampspoedi­ge gevolge kan hê. Hy het ’n lang en ingewikkel­de geskiedeni­s van dwelmmisbr­uik, en Molly het hom gehelp om op die regte pad te bly.

“Molly is ’n prettige, lieflike meisie,” sê ’n bron. “Sy is nie ’n groot partytjied­ier nie en het ’n goeie invloed op hom gehad.”

Matthew het kykers onlangs aan die gis gehad toe dit geklink het asof hy sleeptong praat in die Friends-reünieprog­ram. Die vervaardig­ers het gou gesê dis weens tandheelku­ndige werk wat hy ondergaan het en daar steek niks vreemds daarin nie.

‘Molly is ’n prettige, lieflike meisie. Sy het ’n goeie invloed op hom gehad.’ – ’n Vriend

 ??  ?? BO: Die Kaapse komediant Marc Lottering. ONDER: Marc en Chad Chitter op die verhoog.
BO: Die Kaapse komediant Marc Lottering. ONDER: Marc en Chad Chitter op die verhoog.
 ??  ?? Matthew en Molly het verlede jaar hul verlowing aangekondi­g.
Matthew en Molly het verlede jaar hul verlowing aangekondi­g.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa