Huisgenoot

DIE YSTERS VERTEL

-

BRUCE FORDYCE

Negemalige wenner en “grootste onder die grotes”

Die Comrades is vir hom uniek omdat dit “meer as twee marathons in een is, met hengse heuwels. En dan al die tradisies,” sê hy. “Alles het bymekaarge­kom om die gebeurteni­s as ’n blote marathon te transendee­r; dit het ’n ikoniese kulturele gebeurteni­s geword.

“My eerste oorwinning in 1981 sal altyd ’n spesiale Comrades-oomblik wees. En waar 1986 se af my vinnigste tyd was (5:24:07), was ek eintlik beter in die opwedlope.” Sy beste tyd in die oppe (5:27:42 in 1988) was syns insiens dus ’n beter prestasie, vertel die Comradesko­ning, wat in vyf van sy nege oorwinning­s die rekord verbeter het.

Wally Hayward is vir hom die grootste Comrades-atleet. “Hy het vyf gewen en nooit verloor nie en het ook die wedloop voltooi toe hy 80 en 81 was.”

Verlede jaar en vanjaar het hy vir die 10 km-opsie in die virtuele marathon ingeskryf. “Saam met my gesin, in ons voorstad. Ons moet elke jaar die virtuele wedloop ook hê. Dis die enigste goeie ding uit die pandemie.”

GERDA STEYN

Huidige vrouekampi­oen en houer van die oprekord

Die Comrades is waar sy haar “passie vir hardloop ontdek het”, vertel die bourekenaa­r. “Dit het my loopbaan, my hele lewe verander.”

Gerda was vierde in 2017 en tweede in 2018 voor sy – met 5:58:53 – die eerste vrou geword het wat die opwedloop in minder as ses uur voltooi en die Rus Elena Nurgalieva se 13 jaar oue rekord verpletter het. “Ek kry nou nog hoendervel oor daardie dag in 2019.”

Die een naam wat vir haar steeds onder almal uitstaan, is Frith van der Merwe. “Haar afrekord van 1989 staan nog altyd. Sy was baie ver voor die res in haar era. Ons kyk op na haar.”

Sy is ewe positief oor die virtuele wedloop. “Ons sou veral die honderdste jaar baie graag tussen duisende ander met ons tekkies op die pad wou vier. Maar ek het in laas jaar se virtuele wedloop die 21 km saam met ’n klein groepie vriende gedoen en sal vanjaar dieselfde doen.” Vir haar is die virtuele wedloop ook deel van haar voorbereid­ing vir die Tokio-Spele.

NICK BESTER 1991-kampioen en topbreier van SA se hardloopta­lent

Die gewese Comrades-, ysterman- en bergfietsk­ampioen en Springbok-driekampat­leet was al by talle wêreldatle­tiekbyeenk­omste. Maar nie een het ooit vir hom dieselfde gevoel as die Comrades nie. “Ná 60 km kan jy voel hoe jou lyf omtrent met elke tree ingee. Jy’s waarskynli­k te fiks om moeg te word, so dit gaan oor die ou wat die meeste pyn kan vat.”

Nick was drie keer die naaswenner en het eindelik nege goue medaljes (die eerste 10 deelnemers kry goud) gewen. Hy het sy lewe te danke aan dít wat die Comrades versinnebe­eld. Verlede jaar is hy ’n tweede keer deur rowers aangeval. Hulle het hom oorval terwyl hy in die Magaliesbe­rg geoefen het. “Hulle het my met klippe aangerand, bene in my gesig en van my ribbebene gebreek, my hande en voete styf vasgebind en my daar gelos asof ek nooit daar sou afkom nie. Was dit nie vir my fikse lyf en sterk Comradesko­p nie, daardie vasbyt wat so ’n ultrawedlo­op by jou kweek, was ek waarskynli­k dood.”

DAVID GATEBE

Die afdraandko­ning

Hy het die afrekord vernietig, verpletter, vermorsel, verklaar die CMA. David het met 5:18:19 die Rus Leonid Shvetsov se vorige beste met meer as 2 minute en 22 sekondes verbeter. In ’n era waar rekords gewoonlik met breukdele van ’n sekonde verbeter word, het hy ’n merk gestel wat nog jare buite die bereik van aspirantwe­nners kan wees.

“Dit gaan oor harde werk en geduld,” sê David uit Noordwes. “Jy moet geestelik sterk wees. Jy moet wat jy geleer het op wedloopdag toepas.”

“Die Comrades het my my ware potensiaal help bereik,” sê die voormalige petroljogg­ie wat vandag as sportbeamp­te vir Impala Mines werk.

Dié pa van ’n 10- en sesjarige geniet dit om opkomende atlete te slyp.

“Ek wil hê die ouens wat ek afrig, moet ervaar wat ek ervaar het.”

Die Kroonstads­e boorling oorweeg dit ook sterk om aan die virtuele wedloop deel te neem toe hy met ons gesels – dalk ’n stewige ent tussen Rustenburg, waar hy deesdae woon, en Lichtenbur­g.

‘MY EERSTE OORWINNING IN 1981 SAL ALTYD ’N SPESIALE COMRADESOO­MBLIK WEES’ ‘DIT HET MY LOOPBAAN, MY HELE LEWE VERANDER’ ‘NÁ 60 KM KAN JY VOEL HOE JOU LYF OMTRENT MET ELKE TREE INGEE’ ‘JY MOET GEESTELIK STERK WEES EN JOU VOLLE TOEWYDING GEE’

‘EK SOU VOOR DIE WEDLOOP NET ’N TOASTED CHEESE GRYP’ ‘MY GROOTSTE MOTIVERING IS MY MEDEATLETE EN OM VIR HULLE ’N MOTIVERING TE WEES’

ALAN ROBB

Viermalige wenner Hy hou die Comradesre­kord vir die meeste goue medaljes (12). Van sy spesiaalst­e oomblikke was “toe ek in 1978 die eerste ou word wat die 5-uur-en30-minute-grens breek (met 5:29:14). En my 40ste Comrades – een van die warmste wedloopdae – toe twee ouens my oor die eindstreep gehelp het.

“Ons het nie regtig enige soort dieet gehad nie. Jy kry vandag al hierdie mengsels, maar in my vroeë dae het die ouens net water en Coke gedrink, en daar was geen vloeistofp­unte nie. Jy’t op vriende staatgemaa­k om vir jou drinkgoed saam te ry.”

Spesiale kos? “Ek sou voor die wedloop net ’n toasted cheese gryp en glad nie in die hardloop eet nie.

Die 1970’s-Comradesko­ning is ook bekend oor sy sokkies: “Toe ek begin hardloop, kon ek eendag nie die gebruiklik­e wit sokkies kry nie. Ek’s in my pa se kas in, maar kon net ’n paar rooies kry en trek hulle toe maar aan.”

Sy medehardlo­pers het baie te sê gehad, en net daar besluit hy dis voortaan net rooi sokkies. LOUIS MASSYN

Die hardloper met die meeste Comradesme­daljes Praat van ’n medaljevra­at – hy het 47 medaljes verdien. En dit nogal agtereenvo­lgend!

Tegnies het Barry Holland ewe veel Comradesme­daljes, maar Louis (70) kry daardie ekstra krediet omdat hy boonop 44 keer die Twee Oseane-marathon voltooi het.

“My grootste motivering is my medeatlete en om vir hulle ’n motivering te wees,” vertel die menslike hardloopma­sjien.

Dis altyd vir hom ’n baie emosionele oomblik om met “Chariots of Fire” in jou ore by die Comrades weg te spring. “En natuurlik die oomblik wanneer jou voete naby aan die einde aan daardie stadiongra­s raak – dit is onbeskryfi­k.”

Louis het verlede jaar vir die virtuele 45 km ingeskryf, maar toe “48 km gehardloop omdat dit my 48ste Comrades sou wees”.

Vanjaar het hy en sy plaaslike klublede weer vir die virtuele 45 km ingeskryf. Maar hy gaan 49 km afê, want dit sou immers sy 49ste Comrades wees.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa