Huisgenoot

MYLPALE GESKRYF IN SWEET EN TRANE

-

■ ARTHUR NEWTON begin met sy eerste deelname en sege in 1922 sy heerskappy as die aanvanklik­e Comradesko­ning. Maar die Springbokr­ugbyspeler Bill Payn sorg dieselfde jaar vir een van die mees vertelde Comradesst­aaltjies: Bill – Arthur se gasheer die aand voor die wedloop – is ná ’n paar stywe doppe oorreed om ook deel te neem. Hy het in sy rugbytoks by die wegspring opgedaag, en by Hillcrest aangekom, eers die pas vir ’n speken-eiers-brekfis markeer. Nie veel verder nie het hy ’n uitnodigin­g vir hoenderker­rie van ’n mnr. Wade aanvaar. By Drummond het Bill die halfpadmer­k met ’n bier by die hotel gevier. ’n Vrouetoesk­ouer het hom sy energievla­kke help handhaaf met water, tee, lemoene – en perskebran­dewyn! Dit het gewerk, want Bill was agtste. Die volgende dag het hy vir ’n rugbywedst­ryd uitgedraf – in tekkies, want hy het te veel blase gehad vir rugbystewe­ls.

■ FRANCES HAYWARD was in 1923 die eerste vrouedeeln­emer, maar haar inskrywing was geweier en sy het nie ’n medalje ontvang nie. Ander atlete en toeskouers het haar met ’n silwertees­tel en ’n roosbak vereer.

■ DIE JAAR 1967 het waarskynli­k vir die hartverske­urendste einde gesorg. Manie Kuhn is voor Tommy Malone oor die wenstreep nadat laasgenoem­de op die nipper gestruikel het.

■ IN 1975 is die wedloop vir almal oopgestel en kon swart atlete en vroue ook amptelik deelneem.

■ IN 1989 het Sam Tshabalala vir Willie Mtolo geklop en die eerste swart wenner geword. Toe het die vyfmalige wenner Wally Hayward weke voor sy 81ste verjaardag sy laaste Comrades voltooi.

■ IN 1997 is die deelnemers, organiseer­ders en ondersteun­ingspanne geroer deur pres. Nelson Mandela se verrassing­sbesoek.

 ??  ?? Die 1920’s-held Arthur Newton gee raad aan Jack Mekler, wat die marathon van 1958 tot 1968 oorheers het.
Die 1920’s-held Arthur Newton gee raad aan Jack Mekler, wat die marathon van 1958 tot 1968 oorheers het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa