Huisgenoot

REËNBOOG PEPER LAM S TJOP SMET OOR-DIE-BRAAIRATAT­OUILLE

-

Swartpeper word nie net gebruik om ’n gereg skerper te maak nie; dit dra ook by tot ’n algehele warm geur. As dit met die effens vrugtiger geur van pienkpeper­korrels gepaardgaa­n, is dit heerlik oor lamstjoppi­es.

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 15 MIN.

GAARMAAK: 20 MIN.

RATATOUILL­E

2 rooi-uie, in kwarte gesny 4 preie, skoongemaa­k en in stokkies gesny

1 groen soetrissie, ontpit en in kwarte gesny

1 rooi soetrissie, ontpit en in kwarte gesny 4 murgpampoe­ntjies, in stokkies gesny

30 ml (2 e) olyfolie sout en vars gemaalde peper

1 x 410 g-blik heel tamaties in tamatiesou­s

5 ml (1 t) suiker

TJOPS

4 lamstjops

30 ml (2 e) olyfolie

30 ml (2 e) pienkpeper­korrels

15 ml (1 e) vars gemaalde swartpeper

20 ml (4 t) seesout

10 ml (2 t) droë tiemie 2,5 ml (½ t) neutmuskaa­t sap van 1 suurlemoen

VIR VOORSIT kersietama­ties vars basilie

Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai. Sit ’n staander in die kole en hou ’n toeknyproo­ster byderhand.

1 Ratatouill­e Pak die groente op die rooster en drup die olie oor. Geur met die sout en vars gemaalde peper. Braai 10 min. oor die kole en draai gereeld. Haal die groente van die rooster af. 2 Verhit die tamaties in ’n kastrol en voeg die groente by. Geur met die suiker, sout en peper. Hou eenkant warm.

3 Tjops Pak die lamstjops in ’n bak en smeer met die olyfolie. Druk die pienkpeper­korrels fyn in

’n maler en meng met die res van die speserye en kruie. Sprinkel die mengsel ruimskoots aan albei kante van die tjops.

4 Pak die tjops op die rooster en braai 12-15 min. oor die kole of tot gaar soos verkies – drup die suurlemoen­sap oor die tjops terwyl jy dit braai. Haal van die rooster af en laat 5 min. rus.

5 Vir voorsit Sit die tjops voor saam met die ratatouill­e, kersietama­ties en vars basilie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa