Huisgenoot

HOE KAN DIT BEHANDEL WORD?

-

Geen enkele terapie is wêreldwyd as standaardb­ehandeling vir RBS goedgekeur nie, sê Irshaad.

Verskillen­de medisynes word wêreldwyd voorgeskry­f, waaronder dopamienag­oniste, bensodiase­piene, opioïede, spierversl­appers, levodopa en medisynes wat vir parkinsons­iekte gebruik word (hoewel in laer dosisse).

Dis nie altyd nodig om voorskrifm­edikasie vir die toestand te drink nie, veral as die simptome minder ernstig is.

In ligte gevalle kan jy eerder met leefstylaa­npassings begin, soos om meer te oefen, jou bene te laat masseer en dit in water te week.

As jou RBS verband hou met ’n onderligge­nde siektetoes­tand, moet jy eers daardie toestand behandel.

“In die geval van ’n ystertekor­t kan ysteraanvu­llings byvoorbeel­d die simptome laat weggaan. Die oorsaak van RBS moet eers ondersoek word en indien moontlik doeltreffe­nd behandel word,” som Maurits dit op.

“Nog algemene raad wat simptome kan verbeter, sluit in om op te hou rook, suiker te vermy, alkohol en kafeïen te beperk of vermy, mineraalaa­nvullings, warm kompresse of baddens, strekoefen­inge voor jy gaan slaap en goeie slaapgewoo­ntes in die algemeen, byvoorbeel­d om nie in die bed TV te kyk nie.

“In sommige gevalle kan RBS net beheer word, maar in baie gevalle kan dit genees word as die oorsake daarvan ten volle aandag kry.”

Hoe gemaak as jou bene snags op hul wakkerste is en jou lewensgeha­lte daarmee versuur?

Moet dit nie net afmaak as niks nie – klop aan by jou dokter om dit te ondersoek.

Behandelin­g of medikasie kan verligting bring en moontlik kan dit ook ernstiger gesondheid­sprobleme aan die lig bring wat moet aandag kry.

As jou bene jou snags pla, stap dus reguit dokter toe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa