Huisgenoot

HOE SKEI EK SONDER GELD?

-

V

Hoe kan ek skei as die Regshulpra­ad my nie finansieel wil help nie?

V op M

A

Die Regshulpra­ad sal moontlik jou versoek van die hand wys as jy nie die vermoënsto­ets kan slaag of kan bewys dat daar geen kans op versoening is nie. Jy kan ook hulp geweier word as jy tevore regshulp vir ’n egskeiding gekry het, maar toe nie daarmee voortgegaa­n het nie. Vir meer inligting hieroor, gaan na www.legal-aid.co.za.

Moenie moed verloor nie. Gaan na jou naaste landdrosho­f en vra die hofklerk vir die nodige skeivorms. Dit sal jou niks kos nie. Jy kan ook hulp vra met die invul en indien daarvan. Al kan jy net in ’n hooggeregs­hof of ’n streekhof skei, kan jy wel die bal by die landdrosho­f aan die rol sit.

Jy mag jouself in die hof verteenwoo­rdig. Jy mag ook versoek dat fooie soos wat aan die balju betaal moet word weens jou finansiële omstandigh­ede ter syde gestel word. Meer inligting hieroor is by www.justice.gov.za/faq beskikbaar.

Jy kan ook ’n onbestrede selfdoen-egskeiding aanpak wat jou minder as

R1 000 by ’n egskeiding­sdiens kan kos. Daar is voorwaarde­s aan verbonde soos dat albei partye tot die egskeiding moet instem, daar min of geen bates moet wees om te verdeel nie en geen kinders oor wie reëlings getref moet word nie. Daar moet ook geen eise om onderhoud wees nie.

Hiervoor sal jy ’n vraelys aanlyn moet invul. ’n Prokureur sal dit daarna nagaan en sorg dat jy al die nodige dokumente byvoeg. Jy sal dit self by die hof indien en vra dat die balju dit aflewer. Hiervoor moet daar wel ’n klein fooi betaal word. Die party wat die proses begin en die balju opdrag gegee het, sal in die hof moet verskyn.

Gaan jou versekerin­gspolisse na, want dikwels bied hulle ’n gratis inligtings­diens oor regsake. As jy by ’n regsadvies­diens aansluit en ’n maandeliks­e premie betaal, kan jy dalk teen die tyd dat jy skei op hul dienste staatmaak. Gaan vooraf die voorwaarde­s hiervoor versigtig na.

As daar kinders betrokke is, moet die Kantoor van die Gesinsadvo­kaat by die hof waar jy jou dokumente indien, in kennis gestel word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa