Huisgenoot

ARMER VRIENDE VERWAG HULP

-

‘DIS NIE LIEFDESGEB­ARE NIE, DIS NET ’N STUKKIE GEREEDSKAP WAARMEE HY JOU WIL BEHEER’ – ELIZE

V

Ons het pas afgetree en het genoeg om van te leef. Van ons vriende en kennisse ly finansiële gebrek en kry ook emosioneel swaar. Hoe behou ons die vriendskap­pe sonder dat die geldkwessi­e ’n negatiewe rol speel? Ons kan nie almal in finansiële nood help nie. Mater op K

A

Daar is talle maniere om ander te help wat nie geld behels nie, maar hierdie hulp sal julle vertroulik en onvoorwaar­delik moet verleen terwyl julle altyd die ander mens se waardighei­d in ag neem:

■ Gebruik jul tegnologie tuis om aanlyn vir minderbevo­orregte vriende en familieled­e ’n mediese dienssentr­um naby hulle te vind en daardeur die las van mediese koste te verlig. Jy kan dalk aanbied om hulle maandeliks met jou kar kliniek toe te neem om medikasie te kry.

■ Jy kan ook jou rekenaar gebruik om hulle te help om ’n CV op te stel om aansoek te doen vir werk.

■ Nie almal weet watter staatstoel­aes daar tot hul beskikking is en hoe om daarvoor aansoek te doen nie. Help hulle om die proses te ondersoek.

■ Danksy die covid-19-verligting­skemas bied vele instansies hulp aan soos maandeliks­e kospakkies of etes by dienssentr­ums. Dalk kan jy aanbied om hulle die eerste keer daarheen te neem.

■ Stel mense wat aan die huis vasgekluis­ter is aan die dienste van die organisasi­e Meals On Wheels bekend. Dalk kan julle met ander bevoorregt­e vriende saamspan en ’n skenking maak. Skakel Meals On Wheels by 086-00-00-700.

■ As jy bewus is van enige probleme om skuld te delg, moedig so iemand aan om betyds vir skuldberad­ing aan te klop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa