Huisgenoot

Archie se sussie is hier!

Die nuus van Meghan en Harry se babadogter­tjie, Lilibet Diana, bring hoop, vreugde en ’n kans op genesing vir ’n verdeelde Britse koninklike familie

- Saamgestel deur NICI DE WET

DIT was goeie nuus in ’n jaar vol verwyte en hartseer. Min mense kan die vreugde van die koms van ’n nuwe lewe weerstaan, en ’n paar stywe bolippe het versag met die koms van Lilibet Diana Mountbatte­n-Windsor. Koningin Elizabeth se 11de agterklein­kind is gebore kort ná haar man, prins Philip, se dood in April en op die hakke van die opspraakwe­kkende onderhoud waarin Lilibet se ouers met Oprah Winfrey gepraat het oor die verbrokkel­ing van hul verhouding met die koninklike familie. Prins Harry en sy vrou, Meghan, was twee dae tjoepstil oor hul dogter se koms voor hulle haar geboorte op Sondagaand 6 Junie op hul Archewell Foundation-webtuiste aangekondi­g het.

“Op 4 Junie is ons geseën met die koms van ons dogter, Lili. Sy is meer as waarvoor ons ooit sou kon hoop. Ons is dankbaar vir die liefde en gebede van reg oor die wêreld. Dankie vir jul omgee en ondersteun­ing in hierdie baie spesiale tyd vir ons gesin,” het hulle toe gesê. Harry en Meghan is nou albei met kraamverlo­f, het ’n twiet van Omid Scobie, wat die boek Finding Freedom oor die paartjie geskryf het, gelui.

Lili, soos haar ouers haar noem, is gebore ses dae voor Philip sy 100ste verjaardag sou vier, en sy bring geluk ná Meghan se miskraam van verlede jaar.

Haar uitgebreid­e familie is duidelik ook oorstelp oor haar koms. “Ons is ingenome met die blye nuus oor die koms van baba Lili. Geluk aan Harry, Meghan en Archie,” het prins William en Kate laat hoor. Buckingham­paleis het ook ’n boodskap gedeel: “Geluk aan die hertog

en hertogin van Sussex met die geboorte van Lilibet Diana! Die koningin, die prins van Wallis en die hertogin van Cornwall is verheug oor die nuus.”

’n Bron na aan die paartjie sê om ’n gesin van vier te word is “wat hulle nog altyd wou hê”. Dit lyk nie of nog klein Sussexe in die toekoms kom nie. Harry het immers reeds gesê: “Twee, dis al.”

 ??  ?? Prins Harry en Meghan se droom is bewaarheid – op 4 Junie 2021 het hulle ’n gesin van vier geword.
Prins Harry en Meghan se droom is bewaarheid – op 4 Junie 2021 het hulle ’n gesin van vier geword.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa