Huisgenoot

Ontmoetmev.BorisJohns­on

Die nuwe vrou van die Britse premier is reeds in omstredenh­eid gehul en het selfs die koningin ‘ongemaklik’ laat voel

- Saamgestel deur

DIT was ’n troue soos die Britte byna 200 jaar laas beleef het. Tog was daar op die groot dag geen opgewonde skare wat langs die strate saamdrom om die bruidspaar te sien verbyry nie. Op Saterdag 29 Mei was Londenaars trouens salig onbewus van die geheime troue in die Westminste­rkatedraal. Om halftwee is lede van die publiek selfs gevra om die indrukwekk­ende ou gebou te verlaat.

Kort daarna het ’n swart limousine stilgehou en ’n jong, blonde vrou in ’n ivoorkleur­ige rok van netsy het uitgeklim. En toe sy later aan die arm van haar bruidegom uitstap, was sy amptelik Brittanje se premiersvr­ou.

Boris Johnson (56) is die eerste Britse premier in die afgelope byna 200 jaar wat tydens sy ampstermyn trou. Hy is ook die eerste wat by Downingstr­aat 10 ingetrek het saam met ’n vrou wat nie sy trouring dra nie.

Nou, meer as ’n jaar ná die geboorte van hul seun, Wilfred, is Boris en Carrie Symonds (33) eindelik getroud. Net 30 gaste was by die seremonie, soos die streng inperkings­regulasies vereis.

Maar die covid-19-pandemie is waarskynli­k nie ál rede waarom die premierspa­ar besluit het om stil-stil te trou nie.

Hulle het onlangs onder kritiek deurgeloop oor hul spandabelh­eid nadat hul amptelike tuiste op die derde verdieping van Downingstr­aat 10 teen ’n koste van sowat R3,9 miljoen opgeknap is. Hulle het selfs glo “goue muurpapier” daar aangebring.

G’n wonder dan Carrie het in ’n gehuurde rok getrou wat haar minder as R900 uit die sak gejaag het nie. Sy het die skepping van die Griekse ontwerper Christos Costarello­s op die webtuiste My Wardrobe HQ gehuur, waar sy glo ’n gereelde kliënt is.

Maar wie is die nuwe premiersvr­ou van Brittanje wat koningin Elizabeth glo al “ongemaklik” laat voel het?

 ??  ?? HOOFFOTO: Carrie Johnson is die nuwe vrou van die Britse premier, Boris Johnson. En sy is dalk nie een van Engeland se gunsteling­premiersvr­oue nie. REGS en ONDER: Carrie en Boris, wat al ’n ruk saam is, het onlangs getrou.
COLIN HENDRICKS
HOOFFOTO: Carrie Johnson is die nuwe vrou van die Britse premier, Boris Johnson. En sy is dalk nie een van Engeland se gunsteling­premiersvr­oue nie. REGS en ONDER: Carrie en Boris, wat al ’n ruk saam is, het onlangs getrou. COLIN HENDRICKS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa