Huisgenoot

Naomi Osaka laat sportwêrel­d verdeel

-

SY HET niks om voor skaam te wees nie. Op die tennisbaan is sy kookwater: Sy storm op die net af, vuur handrughou­e met twee hande na die teenstande­r se hoek af en ryg die kishoue in. Naomi Osaka kan haar bors met rede breed uitstoot – sy is no. 2 op die wêreldrang­lys, die houer van vier Grand Slamtitels, en in 2020 was sy die bes betaalde vroueatlee­t ter wêreld. Sy het verlede jaar meer as R500 miljoen verdien – byna R460 miljoen daarvan uit borgskappe. Louis Vuitton, TAG Heuer, Mastercard, Nike, Airbnb – almal staan tou om haar aan boord te kry.

Tog vertel die 23-jarige JapanneesH­aïtiaanse sportvrou daar is tye dat sy net vir al die aandag wil wegkruip. Sy is ’n introvert wat deur angs en depressie lamgelê word wanneer sy voor mense moet praat.

En dié teruggetro­kkenheid kan haar dalk nou haar loopbaan kos.

Naomi het pas een van tennis se oeroue reëls uitgedaag: die bepaling in spelers se kontrakte dat hulle tydens toernooie ná ’n wedstryd op ’n mediakonfe­rensie moet verskyn. Sy het haar voet neergesit en gesê dié onderhoude is swak vir haar geestesges­ondheid en vererger haar angs.

“Ek het dikwels gevoel mense het geen ontsag vir atlete se geestesges­ondheid nie, veral wanneer ek ’n mediakonfe­rensie sien of aan een deelneem. Ons word daar sitgemaak en vrae gevra wat ons al vele kere tevore gevra is of vrae wat ons aan onsself laat twyfel. Ek gaan my net nie meer onderwerp aan mense wat in my twyfel nie.”

Naomi het daad by die woord gesit toe sy geweier het om die media te woord te staan nadat sy Patricia Maria Tig van Roemenië in die eerste ronde van die Franse Ope geklop het.

Die Franse was nie beïndruk nie en het haar met R200 000 beboet omdat sy die reëls verontagsa­am het. Die volgende dag het sy aangekondi­g sy onttrek aan die toernooi.

“Ek dink die beste ding vir die toernooi, die ander spelers en my welstand is dat ek onttrek sodat almal weer op tennis kan fokus. Ek wou nooit ’n afleiding gewees het nie.”

Maar sy het bygevoeg sy sukkel al lank met depressie sedert die Amerikaans­e Ope in 2018 toe sy op die toneel in trane uitgebars het nadat sy Serena Williams geklop het. “Ek het regtig gesukkel om dit te hanteer.”

VERSKEIE spelers het hul steun vir haar uitgespree­k. Serena ook.

“Ek wens ek kon haar ’n drukkie gegee het, want ek weet hoe dit voel,” sê sy. Die Amerikaans­e ster Coco Gauff is ook aan Naomi se kant. “Bly sterk. Ek bewonder jou kwesbaarhe­id.”

Novak Djokovic, die no. 1-manstennis­speler, noem haar dapper. “Ek is baie jammer sy beleef pynlike tye en ly emosioneel. Ek hoop sy herstel. Sy is ’n baie belangrike speler, handelsmer­k en mens vir ons sport.”

Naomi het selfs uit ander sportsoort­e steun gekry. Die Formule 1-kampioen Lewis Hamilton is woedend oor die kritiek teen haar.

“Toe ek jonk was, is ek vir die wolwe gegooi, en ek het geen leiding of steun gekry nie,” sê hy. “Ek dink ons moet almal meer ondersteun­end wees. Mense moenie voel hulle is onder druk nie.”

Maar nie almal stem saam nie. Die driemalige Wimbledon-wenner Boris Becker sê hy het werklike kommer oor Naomi se toekoms as sy voel sy kan nie voor die

‘EK GAAN MY NIE MEER BLOOTSTEL AAN MENSE WAT IN MY TWYFEL NIE’

media verskyn nie. “As sy nie die media in Parys kan hanteer nie, kan sy nie die media in Wimbledon of die Amerikaans­e Ope hanteer nie. Ek voel amper haar loopbaan is in gevaar as gevolg van geestesges­ondheidspr­obleme.”

Rafael Nadal het soortgelyk­e kommentaar gelewer. “Ek verstaan haar, maar aan die ander kant, sonder die media sou ons nie die erkenning gehad het wat ons wêreldwyd het nie en sal ons mos nie meer so gewild wees nie.”

Naomi se afrigter, die Belg Wim Fissette, sê haar mediaboiko­t gaan oor veel meer as net daaroor dat sy kritiek wil vermy.

“Die onderwerp is op die oomblik baie aktueel, want atlete wil meer vryheid hê in hoe hulle met die media omgaan,” het hy aan die Duitse tydskrif Der Spiegel gesê. “Sy wil nie dinge net vir haarself verbeter nie. Dis vir haar ’n beginselsa­ak; sy wil veranderin­g teweegbrin­g.”

Die omstrede Britse mediaperso­onlikheid Piers Morgan beskuldig Naomi weer daarvan dat sy “’n arrogante, bedorwe brokkie” is wat geestesges­ondheid uitbuit om die media te vermy.

“Een ding is baie duidelik: Dit het niks met geestesges­ondheid te doen nie. Wat Osaka eintlik bedoel, is sy wil nie die media in die gesig staar wanneer sy nie goed gespeel het nie, want die gemene joernalist­e waag dit dalk om haar spel te kritiseer.”

NAOMI sê sy is ’n introvert wat die kollig haat.

“Enigiemand wat my in toernooie gesien het, sal opmerk ek dra dikwels oorfone, want dit help om my sosiale angs te verdoof,” sê sy.

Sy sê die media is dikwels goedhartig teenoor haar en daar is baie “cool joernalist­e”, maar die mediakonfe­rensie ná ’n wedstryd is nie goed vir haar nie.

“Ek is nie ’n natuurlike openbare spreker nie en beleef groot golwe angs voor ek met die wêreld se media praat.”

Boonop het atlete in vandag se wêreld van sosiale media nie meer die media nodig om hulle te bevorder nie – hulle kan dit self op hul eie platforms doen waar hulle ’n mate van beheer het.

“Voorheen was die tradisione­le media die enigste manier hoe ons na ons aanhangers kon uitreik, maar in die afgelope vyf of dalk 10 jaar is dit nie meer die geval nie,” sê Novak. “Naomi is baie jonk en sy het grootgewor­d met sosiale media en die vermoë om deur haar kanale te praat.”

Naomi het 2,3 miljoen volgelinge op Instagram.

Jonathan Liew, ’n sportskryw­er van The Guardian, stem saam en meen die tyd van mediakonfe­rensies ná ’n wedstryd het gekom en gegaan. “Atlete het hul eie regstreeks­e lyn met die publiek, en ongelukkig is dit nie ons nie.”

Naomi kan haarself bloot bemark deur goed tennis te speel, sê hy, eerder as om ná ’n wedstryd in ’n vensterlos­e vertrek met die wêreldmedi­a geselsies te sit en maak.

Die tenniswêre­ld is verdeel deur Naomi Osaka se weiering om mediakonfe­rensies toe te staan weens haar geestesges­ondheid

Saamgestel deur LINDSAY DE FREITAS

 ??  ?? Naomi Osaka het aan die Franse Ope onttrek nadat sy met diskwalifi­sering gedreig is omdat sy nie die media te woord wil staan nie.
Naomi Osaka het aan die Franse Ope onttrek nadat sy met diskwalifi­sering gedreig is omdat sy nie die media te woord wil staan nie.
 ??  ??
 ??  ?? REGS: Serena Williams sê sy het simpatie met Naomi en moes ook al in die verlede “baie moeilike” mediakonfe­rensies hanteer.
REGS: Serena Williams sê sy het simpatie met Naomi en moes ook al in die verlede “baie moeilike” mediakonfe­rensies hanteer.
 ??  ?? LINKS: Haar afrigter, Wim Fissette, sê Naomi wil graag veranderin­g teweegbrin­g. NAASLINKS: Naomi sê op mediakonfe­rensies word sy deur golwe van angs verswelg.
LINKS: Haar afrigter, Wim Fissette, sê Naomi wil graag veranderin­g teweegbrin­g. NAASLINKS: Naomi sê op mediakonfe­rensies word sy deur golwe van angs verswelg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa