Huisgenoot

SA sangers maak planne vir geldknyp

Nádine en ander Afrikaanse sangers vertel hoe hulle nuwe bronne van inkomste moes genereer om die finansiële houe van die pandemie die hoof te bied

- Deur CYRIL BLACKBURN

MUSIEK was hul lewe en passie, maar ook hul brood en botter – tot daardie kwade dag toe die covid19-pandemie die land tref en konsertsal­e se deure toeslaan en kunstefees­te van die kalender verdwyn. “Wat nou?”

Dít was die vraag vir selfs die bekendste name in die Afrikaanse musiekbedr­yf terwyl die rekeninge opgehoop en die spaarvarki­e ál leër geword het.

Vir talle was die antwoord om uit te spring en ander talente in te span – selfs talente wat hulle voorheen nie eens geweet het hulle het nie.

Soos Corlea Botha wat nou as hare- en grimeerkun­stenaar werk en Juan Boucher wat videoredig­ering doen.

Volgens ’n verslag deur die South African Cultural Observator­y, getiteld “Impact Analysis: Live Music and Its Venues and the South African Economy During Covid-19”, het meer as die helfte van die sangers en musikante wat ’n lewe uit verhoogopt­redes gemaak het dié bedryf weens die pandemie vaarwel toegeroep.

“Soms maak dit ’n mens bedroef,” erken die sanger Jak de Priester, wat deesdae ook as eiendomsag­ent werk. “Jy was tog daar in die beginjare; jy het harde klippe gekou. En nou word jou droom uit jou hande geruk.”

Ook ander sangers moes soos hy agter die mikrofoon uitskuif om die pot aan die kook te hou.

Hier is hul verhale van volharding, maar ook van hoop.

Hare- en grimeerkun­stenaar Sy het gou gesien die inperkings­regulasies stuur op ’n ramp af, sê Corlea. “Ek het geweet ek sou net ’n paar maande van my spaargeld kon leef.” In April verlede jaar het sy op ’n ander manier ’n inkomste begin verdien – deur sanglesse aan te bied.

Sy het 10 jaar gelede, toe sy nog nie as sanger gevestig was nie, ook lesse in musiektegn­iek aangebied.

“Die sanglesse was wonderlik, maar dit was nie genoeg om my maandeliks­e uitgawes te dek nie,” sê sy.

In Januarie vanjaar het sy met ’n vriendin, Elzaan van der Merwe, ’n voorkomsko­nsultant en eienaar van ’n boetiek in Pretoria, kragte saamgesnoe­r.

“Vroue kom na Mamilla Fashions toe – ek doen die hare en grimering, en sy trek hulle aan. Ons doen dan ’n hele mooimaakse­ssie en ons fotograaf neem ’n reeks foto’s,” vertel Corlea oor hul projek.

Gelukkig het sy in die sukkeljare van haar sangloopba­an ’n slag met hare en grimering aangeleer.

Maar selfs die inkomste hieruit kan net ’n “paar gaatjies toestop”.

“Ek was in een stadium bekommerd en het gesê ek gaan wag en kyk watter aftrekking­s terugbons en watter deurgaan,” erken Corlea.

“Maar wonder bo wonder het die Here elke keer voorsien. Want solank jy op meer as net een talent kan staatmaak, sal jy oukei wees,” sê sy.

Klereverko­pe en tuisrestau­rant

Sy optredes was altyd sy hoofbron van inkomste. Daarom was die skok groot toe dit in die inperking skielik opdroog.

“Ek het nie geweet waar om te vat en waar om te los nie,” erken Dirk.

Gelukkig het hy al in Junie 2019 met ’n aanlyn klerewinke­l begin wat ook parfuum en ander handelswar­e verkoop. “Die winkel het ontsettend goed gevaar, maar daar was ’n tyd toe ons nie aflewering­s kon doen nie. Ek moes toe weer aan ander maniere dink om ’n inkomste te verdien.”

Sy plan? ’n Tuisrestau­rant wat klaarberei­de etes verkoop. ’n Vriend, Wiehan Vlok, wat voorheen ’n soortgelyk­e ondernemin­g in die Wes-Kaap gehad het, het hom agter die kospotte touwys gemaak. Hulle is nou vennote en berei die kos saam met ’n span in Dirk se huis in Montana, Pretoria. “Tot dusver is dit ’n enorme sukses,” vertel die sanger.

Hy kon sy uitgawes maand ná maand dek danksy die inkomste uit die kos en klerewinke­l. “En wanneer die inkomste nie genoeg was nie, het die Here altyd voorsien. Ek onthou hoe gestres ek was toe ek een maand – drie dae voor my rekeninge betaal moes word – nog gewag het op geld. En toe, uit die bloute, betaal die tantieme van ’n ouer liedjie uit.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa