Huisgenoot

Shaleenweg­nettoesywe­erblom

Kort voor haar dood het sy weer hoop gehad ná gesondheid­sen finansiële probleme, vertel Shaleen se bekende vriende

- Deur VERSLAGSPA­N Meer onlangs was sy te sien in die fliek Vaselinetj­ie, die TVfliek Swirl: A Letter to Hair on the Cape Flats en die Afrikaanse telenovell­e Arendsvlei as Muriel Foster.

SY HET weer begin blom, soos net Shaleen SurtieRich­ards kon – die aktrise wat as Egoli se Nenna en Fiela van Fiela se kind so diep in kykers se harte ingekruip het dat sy volksbesit geword het. Tog het sy swaarkry geken, veral tydens die inperking toe sy ten spyte van haar roem en vele pryse gesukkel het om die pot aan die kook te hou. “Ek het nie eens geld vir elektrisit­eit nie en ek sukkel om my huis te behou,” het die geliefde aktrise in Maart vanjaar nog aan Kuier vertel. “Ek maak staat op familie en vriende om af en toe vir my iets te stuur.”

Maar in die laaste paar maande was daar eindelik weer hoop. Shaleen het weer gestraal, want sy was terug voor die TV-kameras.

“Hierdie jaar gaan anders wees!” het sy kort ná haar 66ste verjaardag op 7 Mei verklaar, onthou die akteur en musikant

Pedro Kruger, haar medespeler in die verhoogpro­duksie van Fiela se kind.

Min het sy geweet dit sou haar laaste verjaardag wees. Want ’n maand later, op 7 Junie, het die nuus die land geruk dat die liggaam van die legendarie­se aktrise in die kamer van ’n gastehuis in Kaapstad aangetref is. Sy was nog dae tevore op die stel van die kykNET & kie-telenovell­e Arendsvlei, waarin sy die afgelope tyd die rol van Muriel Foster vertolk het.

“Kyk, daar wás tye toe dit met haar swaar gegaan het. Daar was die werk wat opgedroog het, die alleenheid en haar gesondheid,” sê Pedro.

In die afgelope dekade het sy twee beroertes oorleef. Daarby het sy jare lank met tipe-2-diabetes saamgeleef.

“Maar in die laaste maande het dit met haar goed gegaan,” vertel Pedro. “Sy het gespog, want sy het gewig afgeskud en sy het haar rol in Arendsvlei ontsettend baie geniet. Sy het nog vertel: ‘Solank die werk inkom, kan dit net aanhou beter gaan.’ ”

‘SY HET GESPOG, WANT SY HET GEWIG AFGESKUD EN SY HET HAAR ROL IN ARENDSVLEI ONTSETTEND BAIE GENIET’

Toe hy haar op die stel van Arendsvlei sien, het Shaleen geblom, “nes altyd wanneer sy gewerk het”, vertel die akteur en TV-aanbieder Hannes van Wyk, destyds Krynauw in Egoli toe sy die rol van Nenna in die sepie vertolk het. “Ek het nog gedink: Maggies, toe ek Shaleen die laaste keer gesien het, het sy sukkel-sukkel geloop. Nou het dit gelyk asof sy oor die vloer sweef . . . sy het gelééf.”

Juis daarom was die tyding van haar dood vir hom so ’n groot skok. “Ek is sonder woorde,” sê Hannes. “Stukkend. Rou. ’n Mens wil weet hoekom – hoekom nou, net toe dit wou lyk asof dinge weer met haar goed gaan. Dis absoluut hartverske­urend.”

TEEN druktyd was daar nog geen antwoorde oor waarom sy so skielik van haar geliefdes weggeneem is nie.

Shaleen was die afgelope tyd siek, vertel die aktrise Lizz Meiring. “Die eienaars van die gastehuis waar sy gebly het, het haar dokter toe geneem. Hy wou haar in die hospitaal laat opneem. Sy het gesê sy kan nie; sy werk.”

Met haar diabetes het Shaleen gesukkel om die pas vol te hou, sê Lizz. As tantième wel getrou betaal sou word met die heruitsend­ing van programme, sou sy nie ’n geldnood gehad het nie en sou mense soos Shaleen en Elize Cawood nie arm gesterf het nie, voeg sy by.

Kort nadat sy einde 2017 ’n tweede beroerte oorleef het, het Shaleen aan Huisgenoot gesê sy wil haar tweede kans op die lewe voluit benut.

Dat ’n pandemie die vermaakbed­ryf tot stilstand sou ruk, was waarskynli­k nie toe vir haar ’n vrees nie.

“Die covid-19-pandemie het Shaleen – nes die res van ons – moedeloos gelaat. Maar onlangs nog was sy weer lus vir die lewe, amper asof sy weer ’n huppel in haar stap gehad het,” vertel Pedro.

Die vooruitsig om weer te kan werk het

haar positief gestem. Benewens haar rol in Arendsvlei sou sy binnekort aan die fliek Skaapboer begin werk het waarin sy die hoofrol van Ma Mavis sou vertolk het.

Dat Shaleen finansieel nie die mas kon opkom nie, was vir haar ’n teer saak.

“Dit maak seer. Ek het standing ovations gekry en huise uitverkoop. My werk en reputasie spreek vanself. Ek voel ek verdien dit nie,” het sy nog onlangs aan Kuier erken.

Maar al was die lewe as aktrise nie altyd maklik nie, was sy oor niks spyt nie.

“As ek my lewe weer moet oorlewe, sal ek dit presies so lewe,” het sy ook aan Kuier gesê. “Ek het tot nou toe ’n vol en wonderlike lewe vol liefde gehad. Ek het geleer die liefde oorwin alles.”

Die dood het dalk as ’n verlossing vir Shaleen gekom, meen Lizz. “Sy was nie iemand wat gehou het van siek wees, kla en swaarkry nie. Sy is van hierdie spanning en pyn verlos.”

Hannes put troos uit die herinnerin­gs aan ’n aktrise wat nie net vir haar talent nie, maar ook vir haar warmte en opregtheid onthou sal word.

“Al is sy dan ook nie meer hier in die vlees nie,” sê Hannes, sal “iemand soos Shaleen vir altyd bly leef ”.

 ??  ??
 ??  ?? Shaleen het die rol van Nenna in
Egoli byna twee dekades lank vertolk.
Shaleen het die rol van Nenna in Egoli byna twee dekades lank vertolk.
 ??  ?? BO: Shaleen Surtie-Richards as Fiela Komotie in Fiela se kind. REGS: Sy was in Arendsvlei saam met Melanie du Bois, Jody Abrahams en Crystal-Donna Roberts.
In Swirl: A Letter to hair on the Cape Flats saam met Chanelle DavidsAbra­hams, Vinette Ebrahim en Ilse Klink.
BO: Shaleen Surtie-Richards as Fiela Komotie in Fiela se kind. REGS: Sy was in Arendsvlei saam met Melanie du Bois, Jody Abrahams en Crystal-Donna Roberts. In Swirl: A Letter to hair on the Cape Flats saam met Chanelle DavidsAbra­hams, Vinette Ebrahim en Ilse Klink.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa