Huisgenoot

MAROKKAANS­E HOENDERBRE­DIE MET KWEPERS

-

Die heilsame geure van Marokko maak hierdie bredie ’n ware wenner.

GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 10 MIN. GAARMAAK: 35-40 MIN.

HOENDER

6 hoenderdye 4 knoffelhui­sies, fyngedruk 5 ml (1 t) elk fyn komyn en borrie

10 ml (2 t) paprika sap en fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen

BREDIE

15 ml (1 e) olie

500 ml (2 k) basisbredi­e (sien resep op bl. 23)

15 ml (1 e) heuning sout, na smaak

100 g groen olywe (opsioneel)

VIR VOORSIT

1 kweper, ontpit en in klein blokkies gesny vars koljanderb­lare, gekap suurlemoen­skyfies

1 Hoender Pak die hoenderdye in ’n marineerba­k. Meng die knoffel, speserye en suurlemoen­sap en -skil en vryf die hoender daarmee in.

2 Bredie Verhit die olie in ’n diep pan. Pak die hoender met die velkant na onder in die pan en braai tot die velletjie goudbruin is. Skep die hoender uit en hou eenkant. 3 Giet die brediebasi­s in die pan en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en pak die hoender met die velkant na bo in die pan.

4 Sit ’n deksel op en laat 20-25 min. oor matige hitte prut of tot die hoender gaar is – giet ’n bietjie water by indien die bredie te vinnig droogkook en roer af en toe om te verhoed dat dit aanbrand.

5 Geur die bredie met die heuning en sout na smaak. Sprinkel die olywe oor, indien gebruik. 6 Vir voorsit Sprinkel die kweperblok­kies en koljanderb­lare oor die bredie en sit voor saam met die suurlemoen­wiggies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa