Huisgenoot

KRY ELKE KEER KOUE VOETE

-

Ek het verlede jaar ’n verhouding gehad. ’n Lank ruk wou ek so graag saam met iemand wees, maar net toe ek in ’n verhouding is, het ek dit gestop. Ek wou ook al ’n slag trou, maar het kop uitgetrek. Sy het toe reeds al die reëlings getref. Ek is nou weer in ietsie moois, maar dit bly in die lug hang. E op H

Daar kan twee oorsake wees: Óf ’n vrees om jou te verbind óf ’n vrees vir verhouding­s.

Met ’n verbinteni­svrees is daar ’n patroon van los en vas en warm en koud. Die verhouding begin vinnig, maar die blus is net so gou uit, gewoonlik wanneer jy besef sulke verbinteni­sse bring verwagting­e en verpligtin­ge mee. Jy sien wat vir jou voorlê en hou nie daarvan nie.

’n Vrees vir verhouding­s spruit gewoonlik uit vorige ervarings wat jou emosioneel laat terugdeins, soos ’n gevoel van verwerping of die traumaties­e einde van ’n vorige verhouding.

Met albei vrese is daar raad. Wanneer ’n mens besluit om ’n verhouding sy natuurlike gang te laat gaan sonder vooropgest­elde idees oor wat dit moet wees, is daar gewoonlik minder angs en vrees.

In ’n ontspanne atmosfeer kan jy uitvind wie jy in ’n verhouding is en ’n beter begrip hê van wat jy graag daaruit wil hê en wat jou behoeftes is.

Watter van die twee vrese jou ook al ry, onthou altyd dat jy liefde waardig is. As die angs jou inhaal, is dit nie nodig om die hasepad te kies nie.

Verduideli­k vir jou maat dat jy net ’n dag of wat nodig het om asem te skep en tree terug tot jy weet hoe om die pad vorentoe aan te durf.

‘IN GOEIE VERHOUDING­S IS DAAR NIE BEHEER NIE; DAAR IS KONSULTASI­E’ – ELIZE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa