Huisgenoot

BLONDE PASIËNT

- Deur PETRA DU PREEZ

’n Blondine is baie gespanne en gaan dokter toe. Hy raai haar aan om ná ’n lekker warm bad ’n glas wyn te drink.

’n Paar dae later bel die dokter haar. “Het jy darem beter gevoel nadat jy die wyn gedrink het?” vra hy.

“Ek kon nog nie by die wyn uitkom nie, Dokter,” antwoord sy. “Ek is nog besig met die badwater.”

KREEF

21 JUNIE – 21 JULIE Aangesien jy deur die maan regeer word, kan jy elke volmaan iets oor jouself besef wat uniek aan ’n Kreef is. Vandeesmaa­nd val die volmaan oor jou verhouding­shoroskoop en dui daarop dit is ’n geskikte tyd om liefde en romanse te herevaluee­r. Al is jy iemand wat emosioneel op ander ingestel is, beteken dit woorde is dikwels nie nodig om gevoelens oor te dra nie. Maar moenie liefde as vanselfspr­ekend aanvaar nie. GELUKKIGE NOMMERS 28, 4, 12, 8, 10, 47

LEEU

22 JUL – 22 AUG

Jy sal aan die ontvangkan­t van sake staan wanneer Venus, ’n voordelige planeet, vandeeswee­k in jou teken tuisgaan. Benewens gewilder raak aan die romantiese front, is dit ook ’n aanduiding dat jy in die bui is om jouself mooi te maak. Dit is ’n goeie tyd vir persoonlik­e bederf, of jy nou ’n nuwe haarstyl kies of in ’n nuwe uitrusting belê. Dit kan ook jou stand en status by jou werkplek verbeter.

GELUKKIGE NOMMERS 29, 9, 51, 30, 1, 50

MAAGD

23 AUG – 22 SEP

’n Volmaan oor jou vriendskap­shoroskoop kan daarop dui dat jy ’n objektiewe beskouing moet inneem oor van die mense in jou vriendekri­ng. Daar is niks soos afstand plaas tussen jou en ander om helderheid en onpartydig­heid te verkry nie. ’n Tema rondom geld is agter die skerms aan die ontwikkel, maar dit sou voortydig wees om vir die toekoms daarop staat te maak of dit aan die wye wêreld te verkondig. Dit is ’n tyd om selfbeheer­sing te beoefen. GELUKKIGE NOMMERS 26, 38, 44, 27, 9, 1

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT

Gelukkig is jy geneig om koel, kalm en beheers te wees, iets wat jou goed te pas kom wanneer sake by die werk emosioneel ’n bietjie handuit ruk. Mense is waarskynli­k reaktief pleks van reflektief, en jou vermoë om onstuimige situasies te laat bedaar behoort daarom in te skop. Aangesien jou heersende planeet,

Venus, ook van teken verander, word jou vermoë versterk om jou span agter jou te verenig en in een rigting te laat saamwerk. GELUKKIGE NOMMERS 6, 40, 45, 15, 9, 30

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

As jy jou vermoëns onderskat, is die kans goed dat ’n innemende mens by die werk voorgetrek word. Dit kan natuurlik tot afguns lei, maar ’n manier om dit te omseil sal wees om vir jouself op te kom. Jy is op die oomblik ’n sterk kommunikee­rder, maar temper jou natuurlike intensitei­t met ’n praktiese benadering. Jy besef dalk nie hoe sterk jy oorkom wanneer jy werklik gemotiveer is nie. GELUKKIGE NOMMERS 8, 52, 16, 38, 29, 11

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES

Met dié dat die liefdesdiv­a, Venus, by ’n medevuurte­ken inbeweeg, verlig jou luim dalk of jy is geneig om te wil sosialisee­r. Dit is ’n goeie tyd om weer in aanraking te kom met vriende en familie wat ver bly – dalk oorsee. Vandeesmaa­nd se volmaan val oor jou geldhorosk­oop, en dit sal wys wees om nie impulsief te bestee nie, veral as jy dink jy is geneig om ’n emosionele koper te wees. GELUKKIGE NOMMERS 51, 37, 31, 1, 11, 14

STEENBOK

21 DES – 20 JAN

As jy ’n tipiese Steenbok is, sal jy weet jy is taamlik gelate en bestendig. Die volmaan op die 27ste is in jou teken en jy kan jou dalk ’n bietjie laat versag. Laat jouself toe om jou gevoelens

te ervaar, veral teenoor jou geliefde. En gaan ’n stap verder om jou gevoelens uit te druk, of dit nou mondelings of met jou optrede is. ’n Moontlike resultaat kan wees dat julle emosioneel nader kan kom aan mekaar as ooit tevore. GELUKKIGE NOMMERS 47, 44, 36, 34, 51, 14

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB

Met dié dat die liefdesgod­in, Venus, vandeeswee­k in jou liefdeshor­oskoop tuisgaan, kan selfs ’n kil en afgetrokke Waterdraer die teiken van Kupido se pyle word. Laat jou vandeeswee­k toe om deur liefde en romanse verras te word – indien nie in lewende lywe nie, dan in jou verbeeldin­gswêreld. Jy moet ook meer op jou gesondheid en welstand let, en rus is dalk nodig.

GELUKKIGE NOMMERS 34, 20, 14, 21, 47, 9

VISSE

19 FEB – 20 MRT

As jy in die rigting van liefde en romanse neig, sal jy waarskynli­k presies aantrek waarna jy hunker. Dit is dalk net ’n verbygaand­e fase – geniet dit vir wat dit is as die liefde blom. Dit is dalk nie bestem om vir altyd te hou nie, maar in die proses leer jy dalk waardevoll­e lesse. Verhouding­s met jou kollegas by die werk is vandeeswee­k aangenaam. Koester dit, of jy hulle nou in lewende lywe of virtueel sien. GELUKKIGE NOMMERS

4, 12, 52, 39, 16, 40

RAM

21 MRT – 19 APR

As jy vir iets gewag het om ’n beslissend­e besluit oor jou huislewe of huishoudel­ike situasie te neem, val dinge dalk binnekort in plek en kan jy so ’n besluit neem. Maar dink mooi daaroor of jy redelik of emosioneel in jou besluitnem­ingsproses is. Aan die ander kant, as die prys reg is, is dit dalk daardie eenmalige kans wat jy nodig het om in jou lewe vooruit te beweeg. GELUKKIGE NOMMERS 36, 3, 49, 41, 22, 44

BUL

20 APR – 20 MEI

Venus, jou heersende planeet, beweeg vandeeswee­k jou huishorosk­oop binne, en maak jou geneig om óf meer tyd tuis deur te bring óf ’n bietjie te herversier. Toets die waters met iets kleins sodat jy nie jou geld mors op iets waarvan jy dalk op die ou end nie hou nie. Dit is ’n week om jou nuuskierig­heid tot die uiterste te beproef. Doen navorsing of soek geskikte monsters, veral om jou kreatiewe drang te bevredig.

GELUKKIGE NOMMERS 2, 44, 52, 15, 45, 41

TWEELING

21 MEI – 20 JUN

Jou aandag word vandeeswee­k op jou geld en finansiële posisie gevestig, of jy nou daarvan hou of nie. Noudat die volmaan die lig laat val op alle hoeke wat met geld verband hou, is dit nie die tyd om jou kop in die sand te druk nie. Al lyk dit dalk moeisaam en taamlik vervelig vir ’n Tweeling wat van stimulasie en veranderin­g hou, is dit moontlik die beste om jou begroting te hersien. Moenie toelaat dat dit op jou afgedwing word nie.

GELUKKIGE NOMMERS 2, 33, 25, 22, 43, 47

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa