Huisgenoot

KREEFTEGAN­G

-

Koos stap met ’n emmer van die see af toe ’n konstabel hom voorkeer.

Konstabel: “Wat is in die emmer?”

Koos: “Dit is my troetelkre­we. Ek neem hulle elke oggend see toe om te gaan swem. Wanneer hulle klaar geswem het, fluit ek, en dan kom hulle kant toe. Dan vat ek hulle en gaan huis toe.”

Konstabel: “Ek glo jou nie.” Koos: “Kom ek gaan wys jou!” Koos gaan terug see toe, gooi die krewe in die water en sê hulle moet lekker swem en terugkom wanneer hy fluit.

Toe die krewe wegswem, staan Koos op en loop.

Konstabel: “Waar gaan jy nou heen?”

Koos: “Ek gaan huis toe.” Konstabel: “Gaan jy nie fluit nie?” Koos: “Nee, hoekom?”

Konstabel: “Wat van jou krewe?” Koos: “Watter krewe?”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa