Huisgenoot

MIKHAELA FAYE

Dié Kapenaar se nuwe song, “Love on Repeat”, is onlangs gekies as Apple Music se vuurwarmst­e song van die week en dit boer op die radiostasi­es KFM en 5FM se charts. As jy al die musiekvide­o gesien het, weet jy hoekom Mikhaela elke maand meer as 27 000 lui

-

GROOT BEGIN

Mikhaela het haar sangtalent ontdek toe sy eenkeer op skool Celine Dion se hit “My Heart Will Go On” uit die fliek Titanic moes sing. “Ek onthou my suster, Anique, het gehuil, en ek het toe gedink: Wow, dis nogal ’n sterk tool wat emosies by mense uitbring,” sê die sangeres terwyl ons oor Zoom gesels. “Toe ek ouer word, het ek by die klavier songs geskryf, en dit was my manier om my gevoelens oor te dra.”

Mikhaela (29) het grootgewor­d op R&B-musiek. “My eerste CD wat ek met my eie geld gekoop het, was Justin Timberlake se Justified. Dit het R100 gekos. En ek het gehou van Michael Jackson se musiek.”

HAAR INSPIRASIE: DIE LIEFDE

“Love on Repeat” doen goed op die plaaslike charts en die musiekvide­o wys gereeld op die musiekkana­le Trace Urban en MTV Base. “Die song gaan oor daardie intense verlange na ’n vorige verhouding of iets wat jy na aan jou gehou het. Maar later kom die werklikhei­d dat dinge nie eintlik so goed was soos jy gedink het nie. Dan besef jy, dis tyd om dit te laat gaan en aan te beweeg met jou lewe.”

Mikhaela het nie verwag dat die song so groot sou wees nie. “Ek was verras! Ek dink dit is regtig lekker as iets persoonlik­s aan jou persoonlik raak vir ander mense.” Die musiekvide­o is ’n liefdesbri­ef aan haar grootwordj­are.

“In die lockdown het ek baie die geleenthei­d gehad om alleen te werk, en dit kan ’n mooi ding wees, maar soms het ek iemand anders se energie ook nodig,” vertel Mikhaela. Sy skryf haar eie songs en wil graag eendag vir ander plaaslike sangers skryf en musiek vervaardig. Haar nuutste song, “Up All Night”, saam met Moonga K is ’n lekker R&B-bop. “Dit was altyd ’n droom om saam met hom te werk.”

Sy wil ook saam met local vroulike kunstenaar­s musiek maak. “En ek dink Craig Lucas is ook baie talentvol.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa