Huisgenoot

ELDERS IN DIE WÊRELD

-

AMERIKA VOLGENDE STOP: VENUS!

Nasa het bekendgema­ak hulle beplan vir tussen 2028 en 2030 twee ruimtesend­ings genaamd DAVINCI+ en VERITAS na Venus, die tweede planeet van die son af.

Die ruimteagen­tskap sê hulle wil daarmee graag meer leer oor die planeet se atmosfeer sowel as die struktuur en samestelli­ng van sy oppervlak. “Die twee sustersend­ings is albei daarop gemik om te verstaan hoe Venus so warm geword het dat lood op die oppervlak kan smelt,” sê Bill Nelson, ’n Nasa-woordvoerd­er.

Dit sal die eerste keer in meer as drie dekades wees dat vaartuie na die warmste planeet in ons sonnestels­el gelanseer word.

KAMBODIA AFRIKA-BUIDELROT TREE UIT

Ná vyf jaar se diens het Magawa, ’n reuse-Afrika-buidelrot, sy soldaatste­wels opgehang en uit sy gespesiali­seerde pos as uitsnuffel­aar in Kambodja uitgetree. Die knaagdier is opgelei om landmyne uit te snuffel in dié Oosterse land wat jare van gevegte en konflik ervaar het.

Baie ploftoeste­lle is nog onder die grond versteek, en rotte soos die sewejarige Magawa is ideaal om dit te identifise­er omdat hulle ’n verskrikli­k goeie reuksintui­g het en lig genoeg is dat hulle nie die landmyne laat ontplof nie.

’n Liefdadigh­eidsorgani­sasie het onlangs ’n medalje gegee aan dié lewensredd­ertjie wat in sy dienstyd 71 landmyne opgespoor het.

CHINA TROP WILDE OLIFANTE SWERF 500 KM

’n Onlangse uitstappie van ’n trop van 15 olifante het China byna R14 miljoen uit die sak gejaag. Die groepie grootvoete het meer as 500 km oor die land afgelê en hul pad deur dorpe en boere se oeste oopgevreet en enorme skade aan ondernemin­gs en plase aangerig. Hulle het veral ’n liefde vir alkoholen suikerprod­ukte, sê die inwoners.

Hierdie migrasie weg van hul habitat af verbaas die wetenskapl­ikes wat die diere se roete met hommeltuie dophou. Niemand is seker hoekom die olifante so ver van hul woonplek beweeg nie, maar party kenners vermoed dis dalk as gevolg van ontbossing – die uitkap of afsaag van bome.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa