Huisgenoot

STROPER NÁ 20 JAAR VASGETREK

-

Nadat hulle twee dekades lank na hom gesoek het, het die polisie van Bangladesj ’n stroper gevang wat amper 70 bedreigde Bengaalse tiere doodgemaak het. Dié man, Habib Talukder, het gewoon by Sundarbans, ’n digte woud tussen Indië en Bangladesj, naby die tiere se tuiste. Hy was berug daarvoor dat hy vel, bene en vlees van hierdie diere onwettig verkoop het. Natuurbewa­arders werk hard om stropers te stuit en die spesie te help red.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa