Huisgenoot

SOET-SUUR VARKSKENKE­LBREDIE

-

Ons voeg varkpootji­es en ’n gepiekelde varkskenke­l – kenmerkend pienk van kleur wanneer dit gaar is – by om hierdie bredie lyf te gee.

GENOEG VIR 6-8 MENSE BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 1 UUR

1 kg varkpootji­es, kleiner gesny indien nodig

1 x 250-300 g gepiekelde heel varkskenke­l

1 ui, in kwarte gesny 2 lourierbla­re

BREDIE

15 ml (1 e) olie

1 ui, in wiggies gesny 5 cm-stuk gemmer, geskil en fyngekap

500 ml (2 k) brediebasi­s (sien resep bo) 350-400 g babawortel­s 60 ml (¼ k) elk witwynasyn en bruinsuike­r

45 ml (3 e) sojasous sout (opsioneel)

1 Sit die varkpootji­es en -skenkel in ’n drukkoker. Voeg die ui en lourierbla­re by en bedek met water. Seël die deksel goed en bring tot kookpunt. Laat kook 40-45 min. onder druk of tot die pootjies en skenkel sag is. Laat die stoom uit en dreineer die water.

2 Bredie Verhit die olie in ’n diep kastrol en braai die ui en gemmer tot geurig. Voeg die brediebasi­s, wortels, pootjies en skenkel by. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut 15 min. 3 Roer die asyn, suiker en sojasous by en geur met sout indien verkies.

4 Sit die bredie warm voor saam met ’n bykos van jou keuse.

As jy nie van varkpootji­es hou nie, kan jy dit met varkpotjie­kosvleis vervang. Pas net die kooktyd in die drukkoker aan indien nodig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa