Huisgenoot

MOEMBAIAAR­TAPPELBRED­IE

-

Aartappels is dikwels net ’n bysaak wat bredies betref, maar in dié stowe maak ons dit die hoofbestan­ddeel. Ons sit die kerrie voor op geroosterd­e kopkool pleks van rys.

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 10 MIN.

GAARMAAK: 30-35 MIN.

BREDIE

15 ml (1 e) olie

10 ml (2 t) mosterdsaa­djies

5 ml (1 t) elk komyn- en koljanders­aadjies en borrie 5 ml (1 t) garam masala 1 kaneelstok­kie

5 cm-stuk gemmer, geskil en in stokkies gesny 500 ml (2 k) brediebasi­s (sien resep op bl. 23) 6 aartappels, geskil en gehalveer sout

KOOL

30 ml (2 e) olyfolie ½ kopkool, in stukke gesny sout

’n skeut suurlemoen­sap VIR VOORSIT

500 ml (2 k) gaar ertjies

1 Bredie Verhit die olie in ’n diep kastrol en rooster die mosterdsaa­djies tot dit begin skiet. Voeg die res van die speserye by en roerbraai nog ’n paar sekondes.

2 Voeg die gemmer by en braai tot geurig. Voeg die brediebasi­s by en bring tot kookpunt.

3 Voeg die aartappels by en laat oor matige hitte prut tot sag en gaar – giet ’n bietjie water by as die bredie te vinnig droogkook. Geur met die sout na smaak.

4 Kool Drup die olie oor die kool en geur met die sout na smaak. Verhit ’n pan en braai die kool tot liggies geskroei aan alle kante. Geur met die suurlemoen­sap.

5 Vir voorsit Sit die bredie op die kool voor saam met die ertjies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa