Huisgenoot

HOE KAN OUERS DIT HANTEER?

-

■ Moenie toelaat dat jou bekommerni­s met jou weghol nie. “Dis nie wat ’n ouer wil hoor nie, maar probeer kalmeer. Ek wens iemand het dit vir my gesê. As dit erger gaan raak, sal dit; daar is niks wat jy daaraan kan doen nie,” sê Catherine McCormack, wie se dogter juveniele artritis het. “Fokus op vandag en wat jy vandag moet doen.”

■ Sy beklemtoon dit is belangrik om ’n mediese spesialis te raadpleeg. “Luister net na die dokters.”

■ Ken jou kind. Sy vertel sommige kinders wil almal by die skool laat weet dat hulle ’n ernstige siekte het; ander wil dit stil hou en nie eens daaroor praat nie. Respekteer jou kind se keuse.

■ Laat jou kind verantwoor­delikheid aanvaar. Dit is ’n fyn balanseert­oertjie, sê sy. “Hoewel ’n mens nie te veel druk op jou kind wil plaas nie, moet hulle eindelik volkome verantwoor­delikheid daarvoor aanvaar om die siekte self te bestuur.” Veral ouer kinders moet leer om self hul medikasie te neem en op hul eie die nodige oefeninge te doen.

Besoek arthritisk­ids.co.za of stuur ’n e-pos na admin@arthritisk­ids.co.za vir nog inligting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa