Huisgenoot

WAT GEBEUR MET JOU SKULD WANNEER JY DOODGAAN?

- Deur LETITIA WATSON

DIT is nie iets waaraan ’n mens graag wil dink nie, maar selfs ná jou dood is daar steeds uitgawes wat betaal moet word. En as jy boonop skuld het, is daar nog méér uitgawes. Ons kyk vandeeswee­k na wat met jou skuld gebeur wanneer jy sterf.

JOU BATES KAN VERKOOP WORD

In ’n oorledene se boedel (alles wat hulle agterlaat) is bates soos eiendom, voertuie, meubels en aandele, asook laste soos ’n huisverban­d, motorskuld, oortrokke rekenings en kredietkaa­rtskuld. Dan is daar ook nog boedelkost­e, soos belasting-, administra­sie- en eksekuteur­sfooie wat betaal moet word.

Jou erfgename kan eers hul erflatings kry nadat die eksekuteur vasgestel het of daar genoeg kontant in jou boedel is om al jou skuld en uitgawes te dek. Die eksekuteur plaas trouens kennisgewi­ngs van die persoon se dood in die Staatskoer­ant en ook in ’n plaaslike koerant om enige skuldeiser­s in te lig dat hulle binne ’n vasgesteld­e tyd hul eise teen die oorledene se boedel kan indien.

Kontant of likiditeit in ’n boedel beteken dat daar geld maklik beskikbaar is om die uitgawes te dek. Maar in die werklikhei­d maak min mense daarvoor voorsienin­g. Al is jy houtgerus dat jy vir jou gesin bates (soos ’n huis) nalaat, kan hulle dit op die ou end kwyt wees omdat dit verkoop moes word om jou skuld te delg. ’n Eenvoudige voorbeeld is dat die oorledene ’n huis in sy boedel het, maar ook altesaam R300 000 se skuld. Daar is geen geld (byvoorbeel­d in ’n belegging) wat uitgekeer kan word om daardie R300 000 te betaal nie. Die eksekuteur moet dan by die erfgename hoor of hulle die kontanttek­ort kan aanvul sodat die oorledene se skuld uit die boedel betaal kan word. As die erfgename kan bekostig om die tekort aan te vul of as hulle die skuld kan oorneem, kan die bates (die huis) behou word. Maar as hulle nie kan nie, moet die eksekuteur saam met hulle besluit om sekere bates (soos die huis) te verkoop sodat die kontantopb­rengs hieruit vir die boedelskul­d en administra­siekoste kan betaal.

Gesels met ’n finansiële beplanner om voorsorg te tref dat daar kontant in jou boedel sal wees. Jy kan byvoorbeel­d ’n lewenspoli­s uitneem wat aan die boedel uitbetaal sal word.

GEDEELDE REKENINGE

As jy skuld op ’n gedeelde rekening het, soos kredietkaa­rtskuld waar die rekening op twee of meer mense se name is, is al die mense wie se name op die rekening verskyn verantwoor­delik vir die betaling daarvan, waarsku Old Mutual. As een rekeningho­uer sterf, kan dit daarom die verantwoor­delikheid van die ander rekeningho­uers word. Dit is moontlik dat as een rekeningho­uer sou sterf ’n deel of al die skuld uit die oorledene se boedel gedelg kan word. As daar onvoldoend­e (of geen) bates in die boedel is om gelikwidee­r te word om die oorledene se deel van die skuld of al die skuld te betaal nie, sal die ander rekeningho­uers verplig word om al die uitstaande skuld te delg.

JOU HUWELIKSMA­AT

As jy binne gemeenskap van goedere getroud is, is die gemeenskap­like boedel – jou en jou huweliksma­at se boedelbate­s – verantwoor­delik vir die uitgawes. Dit beteken ook dat die betaling van skuld die gemeenskap­like bates in die boedel kan laat krimp.

As jy buite gemeenskap van goedere sonder die aanwasbede­ling getroud is, behoort die oorledene se skuld nie hul huweliksma­at se verantwoor­delikheid te word nie, tensy dié êrens daarvoor borg geteken het.

AS IEMAND VIR JOU BORG GESTAAN HET

As die bates of kontant in die boedel nie genoeg is om ál die skuld te betaal nie, sal die borg waarskynli­k vir die uitstaande deel moet betaal wat aan die skuldeiser verskuldig is by wie hy vir die oorledene borg gestaan het. So ’n borg is darem nie verantwoor­delik vir ander skuld van die oorledene waarvoor hy nié borg gestaan het nie. Die persoon wat borg gestaan het, kan wel met ’n prokureur gesels oor die moontlikhe­id om ’n teeneis teen die boedel in te dien vir die oorledene se skuld wat hy gedelg het. Dit kan uitbetaal word as daar bates in die boedel oor is om dit te dek.

GESEKUREER­D OF ONGESEKURE­ERD SPEEL OOK ’N ROL

Gesekureer­d of ongesekure­erd, jou boedel kan steeds van jou bates kwyt wees as jy skuld gehad het. Gesekureer­de skuld is wanneer skuld aangegaan is deur ’n sekere bate soos eiendom as sekuriteit te gee. Indien jy dan betalings staak, kan die bank daardie eiendom (die gesekureer­de eiendom) verkoop of gebruik om die bedrag wat jy skuld te verhaal.

As die skuld ongesekure­erd is (soos kredietkaa­rtskuld en persoonlik­e lenings) en jou afbetaling­s stop, kan die bank ’n hofbevel kry dat van jou waardevoll­e besittings verkoop word om die skuld te delg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa