Huisgenoot

Waarom jy dekking moet kry

-

“Dit sal nie met my gebeur nie,” is ’n refrein wat talle mense glo, maar die waarheid is dat ons nie alle risiko’s kan beheer nie. Ons gene, die aard van ons werk en onvoorsien­e gebeure speel ’n rol.

Volgens navorsing sal tot een uit vier mense tydens hul werkloopba­an ongeskik word, hetsy weens ’n besering of siekte. Dit is hoekom ongeskikth­eidsdekkin­g noodsaakli­k is. Dit verminder finansiële spanning wanneer jy nie geld kan verdien nie en raak ontslae van die stres van nie weet hoe jy jou gesin sal onderhou nie.

Old Mutual bied ’n nuwe soort ongeskikth­eidsversek­ering aan kliënte. Hul ongeskikth­eidsinkoms­tedekking betaal tot 24 maandeliks­e bedrae indien jy as gevolg van ’n siekte of besering tydelik, gedeelteli­k of permanent ongeskik is en nie kan werk nie, as jy permanent ongeskik raak en nie kan werk nie, as jy ingekort raak of nie na jouself kan omsien nie.

En die Old Mutual-ongeskikth­eidsinkoms­tedekking betaal as jy nie kan werk of na jouself omsien nie as gevolg van ’n siekte of besering wat jou permanent ongeskik of verswak gelaat het. Jy kan met behulp van ’n adviseur jou dekking aanpas volgens jou behoeftes en slegs betaal vir wat jy benodig. Jy het ’n keuse van onderskryw­ingsopsies – jou premiedekk­ing kan goedkoper wees as jy vir mediese toetse gaan en gesond is. En jy word beloon deur die Old Mutual Rewards-program as jy fisiek en finansieel gesond is.

Om vandag Old Mutual se ongeskikth­eidsversek­ering uit te neem, bel jou finansiële adviseur, 0860-60-60-60, of besoek oldmutual.co.za/ disability.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa