Huisgenoot

THE HITMAN’S WIFE’S BODYGUARD

Aksiekomed­ie. Ryan Reynolds, Salma Hayek en Samuel L. Jackson. Regie: Patrick Hughes. 16DTSG.

-

Ryan Reynolds en Samuel L. Jackson keer terug vir dié opvolg van 2017 se The Hitman’s Bodyguard. Dis vier jaar ná die gebeure in die eerste fliek, en Reynolds se karakter, die lyfwag Michael Bryce, en die sluipmoord­enaar Darius Kincaid (Jackson) snoer weer kragte saam. Michael is aangesê om sabbatsver­lof te neem toe Darius se vrou, Sonia

(Salma Hayek), hom nader vir hulp om haar man te red. Weens sy sabbatsver­lof mag Michael nie vuurwapens gebruik nie.

Die driestuks reis na die Amalfikus om Europa van ’n kranksinni­ge man (Antonio Banderas) te red terwyl hulle probeer om mekaar nie dood te maak nie. Ander nuwelinge sluit in Frank Grillo en Morgan Freeman.

“Salma is geniaal,” sê die regisseur, Patrick Hughes, aan collider.com.

“Sy was net twee en ’n half minute op die skerm in die eerste fliek en het die kollig gesteel. Ek wou meer van haar karakter en Sam se karakter se wanfunksio­nele verhouding sien. Hul liefdesver­haal was die hart en siel van die eerste fliek.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa