Huisgenoot

BEGIN BY DIE BEGIN: NOG SES OORSPRONGS­TORIES

- – ED POTTON

THE GODFATHER PART II (1974)

Robert De Niro beeld don Vito Corleone as jong man vroeg in die 20ste eeu uit – die rol wat Marlon Brando in die eerste rolprent vertolk het. Die regisseur, Francis Ford Coppola, wissel daardie tonele briljant af met dié van die 1950-tydlyn waarin Al Pacino as Vito se seun, Michael, verskyn. Twee akteurs op die hoogtepunt van hul loopbaan speel pa en seun wat op byna dieselfde ouderdom hul menslikhei­d vir mag opoffer.

STAR WARSVOORVO­LGTRILOGIE (1999-2005)

Star Wars

Solo: A Star Wars Story het Han Solo se jeug in

(2018) aangepak en Obi-Wan Kenobi s’n in die komende TV-reeks. Maar die sage oor hoe Anakin Skywalker Darth Vader geword het, troon bo al die ander uit. Ongelukkig bederf swak toneelspel en vrot dialoog die storie van Anakin se vordering van bekkige blondekops­euntjie tot moorddadig­e halfmens-halfmasjie­n.

JOKER (2019)

Hoe het Batman se aartsvyand ontstaan? Volgens Todd Phillips se distopiese herverwerk­ing was dit omdat die gekwelde jong Arthur Fleck (Joaquin Phoenix) deur ’n dronk sakeman aangeval is, ongelukkig in die liefde was, deur die stelsel in die steek gelaat is en omdat niemand vir sy grappe gelag het nie.

WONKA (WORD NOG VERVAARDIG)

Timothée Chalamet sal ’n jong Willy Wonka speel in ’n voorvolg onder regie van Paul King waarin verskeie musieknomm­ers gehoor sal word.

Timothée lyk na ’n goeie keuse om Gene Wilder en Johnny Depp op te volg as Roald Dahl se ondeunde sjokoladem­aker.

INDIANA JONES AND THE LAST CRUSADE (1989)

In die derde aflewering in dié rolprentre­eks verskyn drie generasies Hollywood-hartebreke­rs: Harrison Ford as Indiana Jones, Sean Connery as sy pa, en in die proloog ook ’n onbeskryfl­ik mooi River Phoenix as ’n jong Indy.

In 10 meesterlik­e minute gee Steven Spielberg ’n verklaring vir sy vrees vir slange, die gebruik van ’n sweep, sy keuse van hoede en die oortuiging – effens omstrede aan hedendaags­e standaarde gemeet – dat argeologie­se artefakte in museums hoort.

MALEFICENT (2014)

Angelina Jolie speel die bose feekoningi­n uit Sleeping Beauty in ’n uitloperro­lprent wat ook haar moeilike tienerjare uitbeeld. ’n Sestienjar­ige Maleficent, gespeel deur Isobelle Molloy, se vlerke word afgesny – en dit deur Stefan, die boerseun op wie sy verlief is. Eerstens wys dit puberteit is aaklig en tweedens verklaar dit waarom Maleficent ’n duistere skrikbewin­d begin voer en ook Stefan se dogter, Aurora, vervloek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa