Huisgenoot

WIE GAAN HOM AS GESONDHEID­SMINISTER OPVOLG?

-

Vier van Suid-Afrika se vyf ministers van gesondheid sedert 1994 was dokters – Mkhize, Aaron Motsoaledi, Manto Tshabalala-Msimang en Nkosazana Dlamini-Zuma.

Maar die politieke ontleder Ralph Mathekga wys daarop dat die minister van gesondheid nie ’n mediese graad hoef te hê nie. “Ministers word nooit bloot op grond van hul kwalifikas­ies aangestel nie.”

Tog meen kenners Ramaphosa sal dalk geen ander keuse hê as om Motsoaledi of Dlamini-Zuma weer in dié rol aan te stel nie. Albei dien tans in die kabinet – Dlamini-Zuma as minister van samewerken­de regering en tradisione­le aangeleent­hede, en Motsoaledi as minister van binnelands­e sake; daarom sal dit bloot ’n herskommel­ing behels.

Die politieke ontleder Tessa Dooms reken Dlamini-Zuma sal die pos kry. Sy ken die portefeulj­e en speel sedert die begin van die pandemie ’n groot rol as die ondervoors­itter van die covidbevel­sraad.

Dit is haar departemen­t se verantwoor­delikheid om toe te sien dat die inperkings­maatreëls nagekom word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa