Huisgenoot

EN DIE EEN WAT WEGGEKOM HET . . .

-

BRADLEY NEWTON

Al het Bradley vroeg in die reeks gegroet, het hy kort daarna iemand ontmoet. “Ons het mekaar by ’n gesellighe­id van ’n gemeenskap­like vriend ontmoet. Ons het gesels en my vriend het voorgestel dat ek haar na haar motor vergesel en toe vra ek haar nommer,” vertel Bradley.

Hulle was vier maande saam voor hul paadjies geskei het. Tog glo hy steeds in die liefde. “Verwerping is nooit maklik nie, maar met tyd beweeg jy aan en kry eindelik iemand wat beter by jou pas,” sê Bradley. En wat soek hy in ’n maat? “Iemand saam met wie ek kan lag, op wie ek kan staatmaak en openlik mee kan praat. Dit is ook belangrik om waardes te hê.”

 ??  ?? Bradley is steeds enkellopen­d.
Bradley is steeds enkellopen­d.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa