Huisgenoot

5 Minute met Lindsay Thys

Dié Kaapse aktrise het in 2019 vir die eerste keer in die sepie Suidooster ’n draai gemaak as die gemene Mercedes. Sy is nou terug op Ruiterbosc­h en sorg vir hope drama

-

1 Wat geniet jy van jou karakter in ‘Suidooster’?

Ek hou daarvan om ’n vrou te speel wat nie bang is om ’n sogenaamde mansport soos drag racing te oorheers nie, hoewel ander haar as vreemd beskou. Ek dink Mercedes is dapper, vreesloos en gaan vir dit wat sy wil hê. Ek geniet dit om ’n karakter met soveel selfvertro­ue te speel.

2 Beskryf jouself in drie woorde.

Flambojant, ontspanne, vreemd.

3 Noem drie dinge wat mense verbaas sal wees om van jou te weet.

■ As kind wou ek ’n veearts geword het, want ek hou van diere, maar ek het wiskunde en wetenskap op skool gehaat.

■ Spirituali­teit is ’n groot deel van my lewe. Ek probeer mediteer en in my joernaal skryf wanneer ek kan.

■ Ek is regtig skaam en moet nog gewoond raak daaraan om in die openbaar herken te word.

4 Jou gunsteling- plaaslike of internasio­nale akteur?

Die Amerikaans­e aktrise Jennifer Lawrence. Ek was mal oor haar rol in die fliek Silver Linings Playbook saam met Bradley Cooper. Ek dink sy is ’n outentieke en natuurlike aktrise.

5 Watter raad sal jy aan jou tienerself gee?

Wees teenwoordi­g, geniet elke oomblik en moenie bang wees om jouself te wees nie – niemand is cooler as jy nie.

 ??  ?? BO: Lindsay Thys speel Mercedes in Suidooster. LINKS: By haar gradeplegt­igheid in 2017 – die oud-Matie se gesin is baie trots op haar. Agter van links is haar ma, Candice, niggie Nicole Coetzee, ouma Freda Claassen, tannie Sandra Fransman en haar oom Willem Fransman wat intussen oorlede is. Voor is Lindsay saam met haar niggies Rhoda Claassen (links) en Claudia Meyer.
BO: Lindsay Thys speel Mercedes in Suidooster. LINKS: By haar gradeplegt­igheid in 2017 – die oud-Matie se gesin is baie trots op haar. Agter van links is haar ma, Candice, niggie Nicole Coetzee, ouma Freda Claassen, tannie Sandra Fransman en haar oom Willem Fransman wat intussen oorlede is. Voor is Lindsay saam met haar niggies Rhoda Claassen (links) en Claudia Meyer.
 ??  ?? Daar is vonke tussen haar en Irshaad Ally se karakter.
Daar is vonke tussen haar en Irshaad Ally se karakter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa