Huisgenoot

Armie kry hulp

-

Volgens berigte het die akteur Armie Hammer hom laat opneem in ’n kliniek waar hy vir “dwelm-, drank- en seksuele probleme” behandel word nadat hy van seksuele wangedrag en aanranding beskuldig is.

Die 34-jarige akteur het glo die Kaaimansei­lande verlaat – waar sy vervreemde vrou, die televisiep­ersoonlikh­eid Elizabeth Chambers (34), en hul twee kinders, Harper (6) en Ford (4), woon – en is sedert 31 Mei ’n binne-pasiënt by ’n kliniek in Florida.

’n Bron na aan Armie het bevestig hy het “laat in Mei” na sy vervreemde vrou uitgereik en gesê hy is “gereed om behandelin­g te ontvang en beloof om so lank in die kliniek te bly as wat dit neem om gesond te word”, berig Vanity Fair.

Sy probleme het in Januarie vanjaar begin toe ’n rits ongure boodskappe aanlyn uitgelek is wat glo van hom kom en waarin hy ’n kannibalis­tiese fetisj en verkragtin­gsfantasie­ë bespreek.

Daarna het verskeie eksmeisies beweer hy het hulle tydens hul verhouding aangerand.

Die nou al berugte boodskappe – daar is nooit bevestig dat die akteur dit wel gestuur het nie – is oorspronkl­ik op ’n Instagramr­ekening genaamd House of Effie gedeel.

Sy is glo ’n eksmeisie van Armie.

Nadat die boodskappe uitgelek is, het verskeie van Armie se ekse hom daarvan beskuldig dat hy hulle wou beheer en hulle fisiek mishandel het.

 ??  ?? Armie Hammer en Elizabeth Chambers het twee kinders, Harper en Ford.
Armie Hammer en Elizabeth Chambers het twee kinders, Harper en Ford.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa