Huisgenoot

Malala Yousafzai pryk op die voorblad van Vogue

-

DIE Pakistanse kinderregt­eaktivis Malala Yousafzai is die voorbladst­er van die Britse Vogue se Julie-uitgawe. Malala het die wêreld se aandag getrek toe sy in 2012 geskiet is deur die Taliban, ’n Islamities­e terreurgro­ep, terwyl sy in Pakistan voorbrand gemaak het vir opleiding vir meisies en vroue.

Sy het ’n dagboek gehou van haar ervaring van akademiese opleiding vir meisies en hoe dit gevoel het om onder die Taliban se streng reëls vir vroue te leef. Sy is geskiet vir die menings wat sy neergeskry­f het.

Malala was 14 toe die aanval die wêreld se koerantops­krifte gehaal het. Sy het die ernstige wond gelukkig oorleef en haar werk voortgesit met die steun van miljoene mense reg oor die wêreld.

Sy het na die Verenigde Koninkryk getrek saam met haar familie sodat sy daar mediese sorg kon kry en bly sedertdien daar.

Op 17 het sy die jongste mens ooit geword wat die Nobel-vredesprys gewen het. Die prys was ter erkenning van die belangrike opheffings­werk wat sy in Moslemland­e gedoen het om die houding teenoor vroue te help verander.

Nadat sy van die skietwond herstel het, het sy al ’n boek geskryf en met haar pa se hulp die Malalafond­s gestig wat daaraan toegewy is om te veg vir gelyke regte vir vroue en meisies.

Sy is nou 23 jaar oud en het onlangs aan die Oxford-universite­it gegradueer. Sy hou aan om aan jong meisies oral te wys enigiets is moontlik.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa