Huisgenoot

Meer oor Mila Smith en Mikhaela Faye

Wanneer Mila nie met haar neus in haar skoolboeke sit nie, kry jy haar voor die klavier waar sy hit songs skryf. Hier is vyf redes hoekom dié Kaapse tiener op jou radar moet wees

- Deur COLIN HENDRICKS

SY HET AL 'N NO.1-LIEDJIE AGTER HAAR NAAM

Mila is net 16 jaar oud, maar haar eerste song, “Liars and Fakes”, is reeds op al wat ’n speellys is.

Dit het onlangs boaan 5FM se chart gedraai en die musiekvide­o speel oor en oor op die musiekkana­al Trace Urban op TV.

Is jy nog nie oortuig dis cool nie? Meer as ’n halfmiljoe­n mense het al video’s waarin dié song speel op TikTok gekyk.

MA SE TROTS

Mila is tans ’n gr. 11-leerder aan die Hoërskool Herzlia in Kaapstad. Haar gunsteling­vakke? Geskiedeni­s, drama en Engels.

“Ons het ’n ruk lank tydens die covid-19-pandemie aanlyn klasse gehad, maar is nou weer terug by die skool.

"Dis great om weer saam met my vriende te kan wees,” sê Mila. Sy is ’n enigste kind. “My ma, Nicole, is ’n enkelouer. Sy ondersteun my musiekloop­baan baie.”

MILA WAS AL KLEIN-KLEIN 'N MUSIKANT

Lyk Mila dalk bekend? Sy behoort te wees. Sy het in gr. 5 op 11 haar eie musiekgroe­p, Skyscraper­s, saam met twee pelle begin. Hul song “Just Kids” is selfs in 2017 in ’n advertensi­e van DStv gebruik.

“Ons het in 2018 opgebreek. Ná dit het ek deur ’n tienerkris­is gegaan waar ek nie geweet het wat met my musiekloop­baan gaan gebeur nie,” sê Mila.

Toe slaan sy ’n musiekkont­rak by Platoon los. Nou kan ons regmaak vir nog musiek.

“Ek het iets wat binnekort uitkom, en dan hopelik voor die jaar om is, kom my EP uit.”

SY SKRYF AL HAAR EIE MUSIEK

Mila is ’n talentvoll­e liedjieskr­ywer. “Dis soos my dagboek. Ek skryf oor my gevoelens en ervarings,” vertel sy.

“Liars and Fakes” gaan oor iemand wat jou vriendskap uitbuit. Weet die persoon dat dit oor hulle gaan? “Nee,” lag sy.

“En dis die beste deel daarvan, want hulle luister die song en sing saam en weet nie eens dis oor hulle wat ek skryf nie.”

SA SE EIE DUA LIPA

Mila is al in die sosiale media vergelyk met die popster Dua Lipa, wat bekend is vir hits soos “Levitating” en “We’re Good”.

“Dis ’n kompliment. En dit voel great om met iemand soos sy vergelyk te word,” sê sy. Mila is ’n groot aanhanger van Dua. “Ek luister eintlik na enige soort musiek, maar ek hou van Dua, Adele, Taylor Swift en Sam Smith. Ek en Sam het dieselfde van, maar is ongelukkig nie familie nie.”

'DIS SOOS MY DAGBOEK. EK SKRYF OOR MY GEVOELENS EN ERVARINGS'

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa