Huisgenoot

Neil Sandilands praat oor sy debuutalbu­m

Dié akteur en musikant se debuutalbu­m is eindelik hier

-

DIE DEBUUT

Aanhangers van Neil Sandilands as akteur was dadelik beïndruk toe sy liedjie “Breinskade” as deel van die dramareeks

Orion (2006) se klankbaan uitgereik is. Sedertdien het 7de Laan se geliefde Bart die een rol ná die ander losgeslaan, maar van sy talent as musikant was daar weinig oor die jare te sien. Tot nou, met die uitreiking van sy debuutalbu­m, Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse – Maanskyn.

Die album, wat ook op viniel beskikbaar is, bevat agt splinternu­we snitte en het twee David Kramer-liedjies waarvoor ’n nuwe baadjie aangetrek is. David sing selfs saam in “Piet soek vrou”.

“Al die liedjies op die album is verskillen­d. Die een klink nie soos die ander nie; hulle het verskillen­de tempo’s, rym en metrum,” vertel Neil.

Dié album met sy folk-, rock-, blues- en selfs riel-elemente is moontlik een van die belangriks­te plaaslike albums wat vanjaar uitgereik sal word en is ’n wonderlike toevoeging tot Afrikaanse musiek in die geheel.

DIE LIEDJIESKR­YFPROSES

Neil het in Julie verlede jaar die liedjie “Die ballade van Frik & Dot, oftewel, ‘Goue Graal’” uitgereik en was verbaas oor al die goeie reaksies wat hy op dié inperkings­projek gekry het. “Die mense was so geweldig deur die ‘Goue Graal’ bekoor dat ek genoop was om te kyk na die karakters – ou Frik en Dot en Dipper – en die argetipies­e waarde van God en die duiwel,” verduideli­k Neil.

“Ek het rondom hierdie konstrukte ’n bietjie meer begin skryf, maar ek het nog glad nie aan ’n album gedink nie,” voeg hy by. Hiervoor het die legkaartst­ukke eers ’n bietjie later in plek begin pas.

Neil verskyn later vanjaar in die TVreeks Desert Rose as Freddy Fingers, wat hy as “die Johnny Cash van die Kalahari” beskryf.

“Vanuit ’n akteursper­spektief wou ek reg laat geskied aan die rol, en ek wou vir Freddy sy eie oeuvre gee met sy eie stem,” sê Neil.

SAMEWERKIN­GS

In Januarie vanjaar het Neil en die musikant en vervaardig­er Theo Crous aan die album begin werk. Talle talentvoll­e musikante, onder wie Schalk Joubert en Frazer Georgio Barry, is betrek om ’n klank te skep wat klink of Neil en sy troebadoer­trawante sommer hier langs jou om ’n kampvuur sit en jolige musiek maak en stories vertel.

Instrument­e soos die banjo, viool en ukelele word ingespan om te verseker dat die album “een voet in Afrika het, maar ook die invloed wys waaraan ek blootgeste­l is in my reise oorsee na onder meer New Orleans en Suid-Kalifornië”, sê Neil.

“Ek wou nie hê dit moet net eksklusief ’n Neil Sandilands-album wees nie, en ek wil dus krediet gee aan hierdie formidabel­e groep musikante saam met wie ek gewerk het.”

Dit is in dié gees dat daar tydens die opname van die album verskillen­de name vir hul groep bespreek is voor daar op “Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse” besluit is.

“Ek glo die ingesteldh­eid, pret en gees waarmee jy ’n album maak, bepaal hoeveel die luisteraar inkoop as jy die regte atmosfeer skep.”

 ??  ??
 ?? Deur FRANCO HAVENGA ?? HOOFFOTO: 7de Laan se “Bart”, oftewel die gesoute akteur Neil Sandilands, het onlangs sy debuutalbu­m uitgereik. BO: Die album is deur Theo Crous (links) en Neil vervaardig en die musieklege­nde David Kramer (middel) sing ook in ’n liedjie saam.
Deur FRANCO HAVENGA HOOFFOTO: 7de Laan se “Bart”, oftewel die gesoute akteur Neil Sandilands, het onlangs sy debuutalbu­m uitgereik. BO: Die album is deur Theo Crous (links) en Neil vervaardig en die musieklege­nde David Kramer (middel) sing ook in ’n liedjie saam.
 ??  ?? Die album heet Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse – Maanskyn om al die vaardige musikante se verskillen­de bydraes tot die lekkerluis­ter-ervaring te vereer.
Die album heet Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse – Maanskyn om al die vaardige musikante se verskillen­de bydraes tot die lekkerluis­ter-ervaring te vereer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa