Huisgenoot

A Quiet Place Part II op die silwerdoek

Gruwel. Met Emily Blunt, John Krasinksi en Millicent Simmonds. Regisseur. John Krasinski. 16GrG

-

WAAROOR GAAN DIT? Stille waters . . . In dié distopiese wêreld is stilte ’n saak van lewe en dood. Geraas kan jou lewe eis aan die kloue van monsters met uiters sensitiewe gehoor. Dis dag 474 en ligte dui die veiligste pad vir die paar oorlewende­s aan.

Evelyn Abbott (Emily Blunt van The Girl on the Train) moet op haar eie baklei om haar baba veilig te hou, al beteken dit om hom soos Moses in die Bybel in ’n mandjie weg te steek.

Haar seun, Noah, is onder die vlerk van sy dowe suster, Regan (gespeel deur die uitstekend­e Millicent Simmonds in gebaretaal). Daar is gerugte van ’n eiland met meer oorlewende­s. Maar sal dit werklik so veilig wees soos wat dit uitgemaak word?

Kykers sal maklik kan inhaal oor wat in deel 1 gebeur het, soos om uit te vind waar die pa, Lee Abbott, is, wat deur die regisseur en Emily se man in die regte lewe, John Krasinski, gespeel word.

IS DIT DIE KYK WERD?

Die tweede aflewering (en ja, daar is ’n derde en laaste deel) is meer soos ’n episode van ’n wetenskaps­fiksiereek­s op Netflix. Die raaisel van wat die gesin in die eerste fliek jag en die intieme tonele baan die weg vir ’n alledaagse monsterfli­ek in die tweede deel.

Dis dalk die fliek waarna die meeste uitgesien is nadat dit moes wag toe die eerste vlaag van die covid-19pandemie die wêreld getref het. Die fliek is op 8 Maart 2020 in New York vertoon. Dalk het die ware gruwel van geliefdes verloor dit ’n bietjie afgewater laat voel. As suiwer ontvlugtin­g is dit in die kol, maar as opvolg stel dit teleur.

William Friedkin, die regisseur van The Exorcist, beskryf dit as ’n “klassieke gruwelflie­k”. Dit is een van vanjaar se flieks wat jy op die silwerdoek moet sien. Hopelik sal daar nog opwindende en oorspronkl­ike flieks in die komende jaar wees om ons teaters toe te lok.

 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Van links is Millicent Simmonds, Noah Jupe en Emily Blunt in ’n toneel uit A Quiet Place Part II. REGS: Emily en Noah.
LINKS: Cillian Murphy as Emmett. REGS: Millicent en die “man op die eiland” (Djimon Hounsou).
LINKS: Van links is Millicent Simmonds, Noah Jupe en Emily Blunt in ’n toneel uit A Quiet Place Part II. REGS: Emily en Noah. LINKS: Cillian Murphy as Emmett. REGS: Millicent en die “man op die eiland” (Djimon Hounsou).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa