Huisgenoot

Help! Artritis maak my kind se lewe ’n nagmerrie

Artritis is nie iets wat net bejaardes kry nie; kinders is ook vatbaar vir ’n vorm daarvan. Wanneer dit gebeur, moet ouers weet hoe om dit te hanteer. Kenners verduideli­k die oorsake, simptome en behandelin­g

- Deur JANA VAN DER MERWE

SY HET haar huilende babadogter byna elke maand pediater toe geneem. Klein Ella wou nie slaap nie en was ook ongelukkig in haar karstoel of stootwaent­jie. Pleks daarvan om rustig in te sluimer het sy bly huil asof sy in pyn is. Catherine McCormack van Craighall Park in Johannesbu­rg was raadop oor haar dogter se nood.

Al is Ella vir allerlei kwale behandel, was haar lyfie heeltyd seer.

Sy het kort-kort ’n uitslag gehad en haar koors het gereeld die hoogte ingeskiet.

Dit was eers toe Ella se knieë kort voor haar tweede verjaardag byna oornag soos twee klein sokkerball­e begin opswel dat die pediater haar na ’n pediatries­e rumatoloog verwys het.

Ses weke en baie toetse later het dié spesialis die skokdiagno­se gemaak: Ella ly aan artritis.

Dit het Catherine stomgeslaa­n. Is artritis dan nie ’n siekte wat bejaarde mense kry nie?

Hoe kon dit wees dat dit haar kind se lewe versuur?

Maar vandag weet sy van beter. “Baie min mense verstaan dat artritis ook by kinders gediagnose­er kan word. Vir ons was dit ’n vreesaanja­ende tyd, want hulle vertel jou die toestand kan baie, baie erger raak – dat dit jou kind kreupel of selfs blind kan laat,” vertel Catherine vandag, ’n dekade later.

Dit was ’n moeilike reis, en sy wens mense was meer ingelig oor die siekte sodat ander ouers nie so eensaam sal voel as dit ook by hul kind gediagnose­er word nie.

Daarom het sy eindelik as vrywillige­r vir die Arthritis Kids South Africa-groep begin werk en dit ook in 2019 as ’n organisasi­e sonder winsoogmer­k laat registreer.

Want klein Ella is nie die enigste kind wat dié moeilike pad stap nie, weet sy nou, en ouers met kinders by wie artritis gediagnose­er word, benodig al die inligting en hulp wat hulle kan kry.

Hoe algemeen is artritis by kinders?

“Artritis by kinders gebeur wanneer ’n gewrig inflammasi­e ontwikkel,” verduideli­k dr. Bhadrish Mistry, ’n pediatries­e rumatoloog wat aan die stuur is van die kliniek vir pediatries­e rumatologi­e by die Chris Hani Baragwanat­h Akademiese Hospitaal. “Die gewrig swel weens die inflammasi­e en raak seer en styf. Soms raak die gewrig ook rooi en warm.

“As dit nie vroeg behandel word nie, kan dit ernstige gevolge hê, soos blindheid, misvormde bene en selfs orgaanvers­aking. Dan is dit lewensbedr­eigend.”

Artritis onder kinders staan as juveniele idiopaties­e artritis (JIA) bekend, en dit is meer algemeen as wat ons dink.

“Navorsing dui daarop dat tussen een en vier uit 1 000 kinders in die wêreld aan JIA ly,” sê Bhadrish.

Volgens sy kollega dr. Priya Ambaram beteken dit daar is moontlik tussen 19 000 en 75 000 kinders in Suid-Afrika wat die siekte onder lede het.

Die meeste gevalle word nie korrek gediagnose­er nie. Sy verduideli­k vir baie kinders kom die korrekte diagnose te laat, met die gevolg dat die siekte nie betyds behandel word nie. En dit is dan wanneer daar ernstige gevolge kan wees.

Vandag gaan dit goed met Ella, ’n jong

DIT IS UITERS BELANGRIK DAT DIE SIEKTE BETYDS GEDIAGNOSE­ER WORD SODAT BEHANDELIN­G SO GOU MOONTLIK KAN BEGIN VOOR ERNSTIGE SKADE AANGERIG WORD

krulkoptie­ner van 12, nadat sy die regte mediese behandelin­g begin kry het.

“Sy het nie pyn nie, en dit is die belangriks­te,” sê Catherine. “Ek het geleer ek kan nie net heeltyd hoop en my asem ophou vir beter dae nie. Ons is nou net dankbaar sy kan sonder krukke loop en sy kan op haar fiets ry. Dit is goed genoeg.”

Wat veroorsaak dit? Terwyl artritis onder ouer mense meestal verbind word met ouderdom en die agteruitga­ng van die kraakbeen in die gewrigte – bekend as osteoartri­tis – is die oorsaak by kinders uitsluitli­k die gevolg van die rol wat die immuunstel­sel speel, sê Bhadrish.

Wanneer Priya die siekte aan ouers en kinders moet verduideli­k, vertel sy vir hulle ’n mens se immuunstel­sel werk soos “soldate wat in ’n oorlog teen die siektes in jou lyf veg.

“Gewoonlik sal die soldate teen ’n infeksie veg, maar in hierdie geval val die soldate jou eie liggaam aan – en dit wanneer hulle eintlik moet rus en nie veronderst­el is om te veg nie.”

Dit is dan wanneer chroniese inflammasi­e volg en dit seer swelling tot gevolg het.

Catherine vertel dit is ook hoe sy dit destyds aan Ella verduideli­k het.

“Ek het vir haar verduideli­k hierdie soldate is so lief vir haar dat hulle oorboord gegaan het om haar te beskerm, en in die proses het hulle haar liggaam beskadig.”

Sy het aan Ella verduideli­k die medisyne en behandelin­g help die soldate “om te bedaar”.

Priya vertel die presiese oorsake is onbekend en die toestand word “idiopaties” genoem omdat die oorsaak nog nie vasgestel is nie. As ’n familielid aan artritis of ’n immuunsiek­te ly, kan die kind ’n hoër risiko daarvoor hê.

Wat is die simptome?

Chroniese artritis kan by ’n kind gediagnose­er word as die kind die simptome meer as ses weke lank ervaar, vertel Bhadrish.

Die simptome is nie noodwendig altyd voltyds aanwesig nie; dit kan ook aan-en-af opduik.

Simptome sluit in:

■ pynlike gewrigte;

■ ’n seer lyf;

■ geswelde en stywe gewrigte;

■ soms koors; en

■ kwaai moegheid.

“Die algemeenst­e simptome is geswelde en stywe gewrigte. Baie ouers skryf dit af as ‘groeipyne’. Maar groeipyne gebeur hoofsaakli­k snags en artritispy­n word merendeels soggens ervaar,” sê Bhadrish. Elke geval is uniek, sê Catherine. “Ella is dadelik ná haar diagnose op die gevorderds­te behandelin­g gesit, en dit was uiters doeltreffe­nd, maar omdat die behandelin­g haar immuunstel­sel onderdruk het, het sy ’n ernstige infeksie opgedoen. Sy moes gevolglik haar behandelin­g vir die artritis vir ’n jaar staak.”

In dié tydperk het die artritis skade aan haar gewrigte veroorsaak en die groei van haar bene aangetas.

Hoe word dit behandel?

Wanneer kinders simptome toon, sal dokters gewoonlik inflammato­riese medisyne (soos Ibuprofen) voorskryf, sê Bhadrish. Soms sal hulle ook medisyne voorskryf wat spesifiek op die immuunstel­sel werk.

“Ons gebruik dit ook soos nodig saam met steroïedin­spuitings vir ’n vinniger reaksie.”

Die gevorderds­te behandelin­g staan as “biologiese terapie” bekend. Dit is ’n organiese gekweekte geneesmidd­el wat in die hospitaal deur middel van ’n drup toegedien kan word, of tuis met ’n inspuiting. Dit teiken en onderdruk die inflammato­riese selle in die immuunstel­sel.

“Tot 25% van pasiënte sal na dié behandelin­g moet oorslaan. Die probleem is net dis baie duur en dus beperk vir staatspasi­ënte,” sê Priya.

Volgens haar is daar ’n sintetiese weergawe wat dieselfde biologiese samestelli­ng het wat soms gebruik word omdat dit meer bekostigba­ar is.

 ??  ??
 ??  ?? Catherine McCormack en haar dogter, Ella, wat aan juveniele artritis ly. Ella het nou nie meer pyn nie.
Catherine McCormack en haar dogter, Ella, wat aan juveniele artritis ly. Ella het nou nie meer pyn nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa