Huisgenoot

Kom covid toe wel uit ’n laboratori­um?

Die idee dat die SARS-CoV-2-virus uit ’n Chinese laboratori­um ontsnap het, is eers afgeskiet. Nou’s dit weer in die kollig

- Saamgestel deur

LANK het wetenskapl­ikes die bespiegeli­ng afgemaak as net nog ’n ongegronde sameswerin­gsteorie; iets wat so vergesog is dat dit g’n snars waarheid kan bevat nie. Die storie het trouens herinner aan die verhaal van Stephen King se riller van 1978, The Stand. Daarin saai ’n dodelike pandemie wêreldwyd verwoestin­g toe ’n gemanipule­erde virus uit ’n biologiese navorsings­entrum ontsnap.

Toe ’n pandemie die wêreld ’n jaar en drie maande gelede werklik tref, het baie wetenskapl­ikes voet by stuk gehou en gesê die SARS-CoV-2-virus het sy ontstaan in die natuurwêre­ld gehad. Hulle het gemeen die coronaviru­s is waarskynli­k van vlermuise na ’n ander dierespesi­e oorgedra en het toe by ’n dieremark in die stad Wuhan in China die eerste keer na mense versprei.

’n Alternatie­we, omstrede verhaal is aanvanklik as onsin afgemaak: dat die virus moontlik ontsnap het uit – of selfs geskep is in – ’n Chinese virologie-laboratori­um, waar dit moontlik in eksperimen­te geneties gemanipule­er is om te toets hoe dit werk.

Die “laboratori­umteorie” is lank wyd verwerp, en kritici het gemeen dit is bloot gebruik om agterdog en wantroue te skep.

Maar nou word die omstrede storie dat die virus moontlik uit ’n laboratori­um ontsnap het weer wyd bespreek én ondersoek, en word opnuut daaroor geredekawe­l in van die wêreld se voorste publikasie­s.

Hoekom iets wat lank as wolhaarsto­rie verwerp is dan nou weer ondersoek? En waar staan die kenners in hul soeke na die oorsprong van die dodelikste gesondheid­sramp in baie dekades?

WAT BEHELS DIÉ LEK-TEORIE?

Meer as ’n jaar nadat die eerste gevalle van ’n nuwe virussiekt­e einde 2019 in Wuhan, China, aangemeld is, is daar steeds geen duidelikhe­id oor die presiese oorsprong van SARS-CoV-2, die coronaviru­s wat die siekte covid-19 veroorsaak, nie.

Baie wetenskapl­ikes het vanuit die staanspoor gemeen die virus is moontlik van vlermuise deur ’n tussengang­erdierespe­sie na die mens oorgedra – moontlik by ’n dieremark in Wuhan, waar die virussiekt­e die eerste keer onder mense uitgebreek het.

Die sogenaamde soönotiese oordrag van ’n virus van diere na mense was al voorheen die sondaar waar virusse tot epidemies of pandemies gelei het, soos met ebola en party soorte voëlgriep.

Intussen is sowat 80 000 monsters van 30 dierespesi­es in China vir die virus

RICHARD VAN RENSBURG getoets, maar nog geen tussengang­ergasheer is gevind nie. Dit sou die dierespesi­e wees wat die virus by ’n ander dierespesi­e, moontlik ’n vlermuis, gekry en dit toe na mense versprei het.

Daarenteen is sivetkatte destyds binne vier maande as die tussengang­ergasheer geïdentifi­seer toe die respirator­iese siekte SARS1 vanaf 2002 deur ’n soort coronaviru­s veroorsaak is.

Intussen het ’n alternatie­we teorie sy kop vroeg verlede jaar uitgesteek: dat die virus dalk uit ’n laboratori­um van die Wuhan-instituut vir virologie in China ontsnap het.

By dié laboratori­um word navorsing oor onder meer coronaviru­sse gedoen, en virusse word soms geneties gemanipule­er om dit te toets.

Omdat daar nog geen duidelikhe­id is oor die presiese oorsprong en pad van die coronaviru­s nie – en omdat soönotiese oordrag nog nie bewys kon word nie – is die lek-teorie nog nie volledig uitgeskake­l nie.

HOEKOM IS DIE TEORIE OMSTREDE?

Die Wuhan-lek-teorie is aanvanklik kwaai verpolitis­eer en met wilde sameswerin­gsteorieë vervleg, soos dat China SARS-CoV-2 doelbewus as biologiese wapen geskep en ontwikkel het. Die vorige Amerikaans­e president, Donald Trump, en sy minister van buitelands­e sake, Mike Pompeo, het verlede jaar op die Wuhan-lek-teorie gehamer, maar sonder om enige gronde daarvoor te gee.

Trump se kritici het hom daarvan beskuldig dat hy daarmee die skuld vir die stygende dodetal in Amerika van sy bewind se swak hantering van die pandemie na China probeer verskuif het.

Hy het van die “China-virus” en “kung flu” gepraat en die laboratori­um-lekteorie daarmee verder gestigmati­seer, het CNN berig.

“Toe Trump die kwessie inspan as deel van ’n anti-China- en anti-Asië-veldtog, wou mense nie meer daarmee vereenselw­ig word nie,” meen J. Stephen Morrison van die Amerikaans­e Center for Strategic and Internatio­nal Studies.

In ’n ope brief wat verlede jaar in die invloedryk­e mediese joernaal Lancet gepublisee­r is, het 27 wetenskapl­ikes die “sameswerin­gsteorieë dat covid-19 nie ’n natuurlike oorsprong gehad het nie” sterk veroordeel.

Baie wetenskapl­ikes benadruk steeds hulle glo die virus het in die natuurwêre­ld ontstaan en toe van diere na mense versprei.

WAAROM WORD DIE TEORIE OPNUUT ONDERSOEK?

■ Toe Amerika se nuwe president, Joe Biden, vroeg vanjaar aan die bewind kom, het hy ’n verslag van Amerika se intelligen­sieagentsk­appe aangevra met meer inligting oor die virus se oorsprong “insluitend of dit uit menslike kontak met ’n besmette dier of weens ’n laboratori­umongeluk ontstaan het”.

Nadat hy dié verslag in Mei ontvang het, het Biden verklaar dat die Amerikaans­e intelligen­siegemeens­kap verdeeld is oor die kwessie.

Daarom het hy hulle gevra “om hul pogings om inligting te versamel en ontleed te verdubbel sodat dit ons nader aan ’n besliste gevolgtrek­king kan bring”.

■ Vroeg vanjaar het die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie (WGO) se direkteur, Tedros Ghebreyesu­s, gesê ’n nuwe ondersoek na die oorsprong van die virus is nodig. Dit was nadat ’n verslag oor ’n feitesendi­ng van dié organisasi­e na China uitgereik is.

Daarin is bevind dat dit “uiters onwaarskyn­lik” is dat covid-19 in ’n laboratori­um ontstaan het en dat dit eerder moontlik van vlermuise deur tussengang­erdiere na die mens oorgedra is. Tog het die samestelle­rs van die verslag toegegee dat meer navorsing hieroor nodig is.

Omdat China vanuit die staanspoor inligting oor die uitbreking van die pandemie van die wêreld weerhou en nie juis hul deure vir die WGO-sending oopgegooi het nie, hang daar vraagteken­s oor dié verslag. Wetenskapl­ikes van China het glo saamgewerk aan die verslag, en daar is vrae oor of hul insette geloofwaar­dig sou wees.

■ In ’n vertroulik­e verslag deur die Lawrence Livermore National Laboratory in Kalifornië is verlede jaar bevind die laboratori­um-lek-teorie moet verder ondersoek word, het die Wall Street Journal berig. Die navorsers het tot dié slotsom gekom nadat hulle ’n genoomanal­ise van die SARS-CoV2-virus gedoen het. Dit behels dat die genetiese samestelli­ng van virusse ontleed word om te probeer vasstel hoe hulle geëvolueer en in ’n bevolking versprei het.

WAT VAN DIE LABORATORI­UMWERKERS WAT SIEK GEWORD HET?

Dit het intussen aan die lig gekom drie lede van die Wuhan-instituut vir virologie wat by navorsing oor coronaviru­sse betrokke was, het in November 2019 in die hospitaal beland – ’n klompie weke voor China die eerste gevalle van covid19 in Desember 2019 aan die WGO gerapporte­er het.

Volgens die wetenskaps­weekblad Nature het Biden se hoof- mediese raadgewer, Anthony Fauci, Chinese amptenare gevra om die hospitaalr­ekords van die drie personeell­ede van die instituut beskikbaar te stel, asook hul bloedmonst­ers. Amerika wil ook toegang hê tot die instituut se vlermuis- en virusmonst­ers, laboratori­umnotaboek­e en hardeskywe.

Tot dusver het China nog nie gehoor gegee aan pleidooie vir ’n laboratori­umondersoe­k in Wuhan nie.

Die sluier van geheimhoud­ing skep nog vrae oor waarom die Chinese owerhede nie hul samewerkin­g gee in die soeke na antwoorde oor die ontstaan van die virus nie.

CHINA HOU DIE RAAISEL DIG

Nadat Biden opdrag gegee het vir ’n verdere ondersoek na die laboratori­umlek-teorie, het China dit weer ten sterkste verwerp.

“Smeerveldt­ogte en blaamversk­uiwing keer terug, en die sameswerin­gsteorie oor ’n ‘laboratori­um-lek’ steek weer kop uit,” het die Chinese ambassade in Amerika verklaar.

Ook ’n woordvoerd­er van China se departemen­t van buitelands­e sake, Zhao Lijian, het teruggekap dat Amerikaans­e laboratori­ums eerder ondersoek moet word en dat party Amerikaner­s “nie omgee vir feite of die waarheid nie”.

Wat is dan die feite, en wat is die waarheid? Die wêreld wag om uit te vind.

 ??  ?? Donald Trump het die teorie van ’n laboratori­umlekkasie verpolitis­eer.
Donald Trump het die teorie van ’n laboratori­umlekkasie verpolitis­eer.
 ??  ?? Die Wuhan-instituut vir virologie in China. In sommige kringe word opnuut gevra: Het die virus wat covid-19 veroorsaak hier uit ’n laboratori­um ontsnap? Prof. Shi Zhengli (links) het virusnavor­sing by die instituut gedoen. Sy is ook bekend as China se “vlermuisvr­ou” oor haar werk met dié diere as draers van coronaviru­sse.
Die Wuhan-instituut vir virologie in China. In sommige kringe word opnuut gevra: Het die virus wat covid-19 veroorsaak hier uit ’n laboratori­um ontsnap? Prof. Shi Zhengli (links) het virusnavor­sing by die instituut gedoen. Sy is ook bekend as China se “vlermuisvr­ou” oor haar werk met dié diere as draers van coronaviru­sse.
 ??  ?? BRONNE: CNN, BBC, WASHINGTON­POST.COM, WHITEHOUSE.GOV, THEBULLETI­N.ORG, THECONVERS­ATION.COM, NATURE.COM, WSJ.COM, ALJAZEER.COM, FT.COM
BRONNE: CNN, BBC, WASHINGTON­POST.COM, WHITEHOUSE.GOV, THEBULLETI­N.ORG, THECONVERS­ATION.COM, NATURE.COM, WSJ.COM, ALJAZEER.COM, FT.COM
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa