Huisgenoot

Zweli Mkhize en die tenderskan­daal

Die minister van gesondheid word by ’n tenderskan­daal betrek. Wat is die bewerings teen hom, en hoe raak dit ons covidstryd?

- Deur JANE VORSTER

DIT kon nie op ’n slegter tyd kom nie, en die bewerings kon nie groter ontnugteri­ng veroorsaak nie. Ons bevind ons midde-in ’n pandemie, die derde golf van coronaviru­sinfeksies is hier, en die inentingsp­roses verloop nog teen ’n slakkepas – en toe kom die bewering dat die minister van gesondheid by ’n tenderskan­daal betrokke is.

En boonop dat geld wat gebruik moes word om die pandemie te bestuur moontlik ter sprake was . . .

Zweli Mkhize het erken die toekenning van die betrokke tender was “onreëlmati­g”. Pres. Cyril Ramaphosa het hom op “spesiale verlof ” geplaas terwyl die bewerings teen hom ondersoek word.

Nou neem die minister van toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, die leisels van die departemen­t van gesondheid tydelik by hom oor – en dít terwyl die plaaslike toerismebe­dryf weens die inperking op sy knieë is.

Hoe het die jongste krisis ontstaan – en wat beteken dit?

Die herrie het in Februarie begin met ’n verdoemend­e onthulling op die nuuswebtui­ste Daily Maverick. Dit het die kollig laat val op Digital Vibes, ’n ondernemin­g wat deur Mkhize se voormalige woordvoerd­er Tahera Mather en sy voormalige persoonlik­e assistent Naadhira Mitha begin is.

Hulle rol volgens die onthulling in die geld danksy ’n kontrak wat hulle in 2019 met die departemen­t van gesondheid gesluit het om kommunikas­iewerk vir die departemen­t te doen. Die kontrak is toegestaan om kommunikas­iewerk oor die beplande nasionale gesondheid­sversekeri­ngsprogram te doen, maar dit het glo later kommunikas­iewerk oor die covidpande­mie ingesluit.

Dit beteken geld wat gebruik moes word om die pandemie te bestuur het moontlik in Digital Vibes se beursie beland. Daar word beweer dat van hierdie geld boonop teruggevlo­ei het na Mkhize se binnekring.

Die kontrak is minstens R150 miljoen werd, maar dit lyk allesbehal­we na welverdien­de geld . . . Ondersoekb­eamptes in die departemen­t het trouens gevind dat ’n groot deel van die uitgawes “vrugteloos en ’n vermorsing” was.

■ Digital Vibes is ’n volle R3,6 miljoen betaal om in Desember vir die minister ’n onderhoud met die SAUK te reël waarin hy aangekondi­g het dat die tweede covidvlaag die land getref het.

■ In Mei het nog bewerings gevolg dat die ondernemin­g minstens twee betalings aan ’n kontrakteu­r gemaak het vir werk aan ’n meenthuis in Bryanston, Johannesbu­rg. En aan wie behoort die huis? Mkhize se ZLM Trust.

■ Digital Vibes het glo ’n tweedehand­se Toyota Land Cruiser-bakkie ter waarde van R160 000 vir sy seun, Dedani (33), gekoop, en R300 000 is glo aan ’n ondernemin­g betaal wat aan Dedani behoort.

EWN berig Mkhize het op 8 Junie op ’n mediakonfe­rensie erken sy familie se ver

houding met Digital Vibes was “onvanpas”. Hy het ontken dat hy sy mag misbruik het, voordeel daaruit getrek het of dat daar ’n belangebot­sing was.

Ramaphosa het Mkhize op spesiale verlof geplaas terwyl hy wag op ’n spesiale ondersoeke­enheid se verslag oor die bewerings dat hy en van die mense in sy kring baat gevind het by die kontrak.

Dit beteken die gesondheid­sminister wat die land tydens die grootste gesondheid­skrisis in onlangse dekades moes lei, sit nou tuis met sy hande gevou.

WIE MOET NOU DIE FORT HOU?

Ramaphosa het Kubayi-Ngubane, ons minister van toerisme, aangestel om as minister van gesondheid waar te neem terwyl die bewerings teen Mkhize ondersoek word.

Dié besluit het die oë laat rek, want die waarnemend­e minister weet glo weinig van gesondheid. Op 43 is sy een van die jongste kabinetsle­de, en sy het al in verskeie portefeulj­es gedien – van energie en kommunikas­ie tot wetenskap en tegnologie. Sy is sedert 2019 die minister van toerisme.

Sy was ten spyte van haar moeilike grootwordj­are en ’n tienerswan­gerskap die topleerder aan haar skool en het haar

pad tot bo deur die ANC-jeugliga gekap.

Rapport berig haar aanstellin­g is bloot “seremoniee­l” aangesien dr. Sandile Buthelezi, direkteur-generaal van gesondheid, die dag-tot-dag-bedrywighe­de van die departemen­t sal hanteer tot die spesiale ondersoeke­enheid se ondersoek na verwagting einde Junie afgehandel is.

HOE RAAK DIT DIE STRYD TEEN COVID?

Mkhize, ’n voormalige mediese dokter wat ook al KwaZulu-Natal se LUR vir gesondheid was, het beswaarlik skitterend presteer sedert hy in 2019 minister van gesondheid geword het, meen die politieke ontleder Tessa Dooms, die direkteur van Jasoro Consulting.

As voorbeeld noem sy die beplande nasionale gesondheid­sversekeri­ng waar daar “talle blokkasies en onderbreki­ngs was wat sy vermoë betref om die belanghebb­endes en die gevestigde belange daarrondom te bestuur”.

Die pandemie het hom die kans gebied om sy geloofwaar­digheid ’n hupstoot te gee, sê Tessa, maar sy skielike vertrek kan die publiek se vertroue knou in ’n tyd dat mense na bestendigh­eid hunker.

Tog meen prof. Sethulego Matebesi, ’n politieke ontleder van die Universite­it van die Vrystaat, dis nie ’n algehele ramp

nie. “Ek dink nie daar sal groot uitdagings wees as iemand anders die departemen­t se werk voortsit nie,” sê hy.

Hy wys daarop dat al was Mkhize as minister die sigbaarste lid van die departemen­t dit geen eenmanvert­oning is nie – ’n nuwe minister sal toegang tot van die beste breine in gesondheid­sorg hê.

Dit kan wel nog vertraging­s met die ontplooiin­g van die inentingsp­rogram meebring, want die nuwe minister sal eers op hoogte van sake moet kom.

IS DIT DIE LAASTE SIEN VAN DIE GESONDHEID­SMINISTER?

Dit is onwaarskyn­lik dat Mkhize in sy pos as gesondheid­sminister herstel sal word, sê die politieke ontleder Ralph Mathekga. “Daar is geen manier dat hy gaan terugkom nie. Hy wou uitgestoot word. Hy wou nie bedank nie, want dit sou ’n skulderken­ning gewees het.”

Selfs al word Mkhize van skuld onthef en kan hy op ’n manier na die regering terugkeer, sal die oordeelsfo­ut ’n klad op sy rekord wees, voorspel Tessa. “Ek dink net die persepsie dat hy by die wanbestuur van covidgeld betrokke was tydens ’n krisis wat soveel lewens verwoes het, sal ’n politieke klad wees wat hy nooit sal kan afskud nie.”

 ??  ??
 ??  ?? Mkhize in Februarie toe hy sy inenting in Khayelitsh­a ontvang het.
Mkhize in Februarie toe hy sy inenting in Khayelitsh­a ontvang het.
 ??  ?? HOOFFOTO: Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, is deur pres. Cyril Ramaphosa (BO) op spesiale verlof geplaas.
HOOFFOTO: Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, is deur pres. Cyril Ramaphosa (BO) op spesiale verlof geplaas.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa