Huisgenoot

ONS SHALEEN: ‘NIEMAND KON RAAI SY SOU NIE WEER WAKKER WORD NIE’

Die aktrise Shaleen Surtie-Richards is Maandagogg­end 7 Junie dood in die kamer van haar gastehuis in Kaapstad gevind. Sy was 66 jaar oud

-

Sy was die vonkelvrou wat ons kon

vermaak. Sy was ’n goeie mens, liefdevol, kwaai, sag en hard. Ons het gelag en gehuil. Jou sprankel het ons almal aangeraak. Jou lig is geblus, maar jou warmte sal ons altyd bly omarm. ALISON

’n Groot ster het geval. Onvervangb­aar. Sy het so diep in ’n mens se hart ingekruip met haar egte en opregte toneelspel wat uit haar hart gekom het. Haar hartklop is stil, maar die herinnerin­ge aan haar sal ons bybly. BENITA

Jy is ’n legende. Jy was ’n toonbeeld van liefde en omgee. Die mooiste vrou met die mooiste hart. Jy het harte aangeraak soos min mense kon. Jy het diep spore getrap, dit is vir seker. Jou plek hier op aarde gaan leeg wees. CORNE

Rus in vrede,

Nenna. Ek gaan jou grappies en rou aanmerking­s mis. In die ouderdom van 66 het jy voorberei vir ’n rol – ’n draaiboek in die een hand en ’n sigaretjie in die ander. Jy was op jou gelukkigst­e. Rus in vrede. AKIRA

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa