Huisgenoot

HERINNERIN­GS AAN TOUWSRIVIE­R, MY GROOTWORDD­ORP

-

Was jy ook een van ons, die kind wat vryelik kon speel, in die stofstrate kon hardloop en op die rivieroewe­r kon speel en paddavisse vang?

Kaalvoetki­nders was ons, vrolik en vol sêgoedjies. Ons het albasters gespeel tot st. 5 en tol gespin dat die stof so staan. My pa het heeldag gewerk en my ma was by die huis om kinders groot te maak en kos te kook sodat my pa lekker kan eet ná ’n dag se harde werk. Ek onthou die dokter wat met varke geboer het en tannie Bettie wat sê: “Ai, Mevrou, ek bel gou vir dokter, hy’t net gou die sog gaan uitsorteer. Sy’t gou gekraam.” En oom Slabbert se apteek met die langspeelp­late.

Met jou sakgeld het jy vir jou Sonja Herholdt of Abba gaan koop.

Oom Fransie die skoenmaker het jou skoene blink gepoets, en oom Botha die kleremaker kon vinnig ’n troupak maak. Verder straataf het almal by oom Wolly die barbier, wat al die meisies ’n boys cut-haarsny gegee het, gaan skinder. Tannie Essie se fietswinke­l het die heerlikste gesuikerde lekkers gehad en ’n tjoepie vir elke stukkende band, want dorings was volop op ons dorpie.

Vir die blou polisiewa van oom Callie was ons doodbang, want my ma het gesê as jy stout is, kom haal die polisieman jou.

Hoe lekker onthou ek nou die Karoodorpi­e Touwsrivie­r. Ek ruik die pannekoek as ek by die kerksaal verbystap en hoor die kerkklok se dong-dong.

Dis ’n era wat te vinnig verbygegaa­n het, maar die mooiste herinnerin­gs lê ingeprent in ons wat nou al middeljari­g is.

CHARLENE, TOUWSRIVIE­R

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa