Huisgenoot

DIE INSTITUUT WAAROOR DIE HERRIE WOED

-

Die Wuhan-instituut vir virologie in China doen navorsing oor virusse, onder meer coronaviru­sse.

Die instituut doen ook sogenaamde “gain of function”navorsing, sê kenners soos prof. Benoit Barbeau, ’n viroloog aan die Quebec-universite­it in Kanada.

“Die doel daarvan is om virusse te skep met nuwe eienskappe wat hulle meer patogenies of oordraagba­ar na mense maak,” skryf hy op theconvers­ation.com.

Wetenskapl­ikes reken as hulle kan vasstel hoe virusse ontwikkel, kan dit hulle help om die koms van nuwe pandemies beter te voorspel en beter daarop voorbereid te wees, verduideli­k Benoit.

Party kundiges meen egter die gevare van dié soort navorsing weeg aansienlik swaarder as die voordele.

Van dié navorsing word daarom ook in party lande verbied.

Vrae word nou gestel oor die bioveiligh­eidsvlakke by die Wuhan-instituut. Sou dit moontlik wees vir ’n virus om uit die laboratori­um te ontsnap? word gevra.

Prof. Shi Zhengli van die instituut het volgens die Bulletin

of the Atomic Scientists erken dat hul coronaviru­snavorsing soms in laboratori­ums met ’n graderings­vlak van 2 en 3 vir bioveiligh­eid gedoen is, terwyl die siening bestaan dat dit eerder in ’n maksimumve­iligheidso­mgewing, oftewel gradering 4, hoort.

Intussen het Anthony Fauci bevestig dat Amerika se National Institutes of Health vroeër finansieri­ng beskikbaar gestel het vir wetenskapl­ike navorsing aan dié instituut, maar ontken dat die geld gebruik is vir enige “gain of function”-navorsing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa