Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ

KREEF

21 JUNIE – 21 JULIE

Jou verbeeldin­g kan moontlik hierdie week met jou weghardloo­p; daarom moet jy versigtig wees dat dit wat jy as die waarheid beskou, inderdaad so is en nie net ’n versinsel van jou verbeeldin­g nie. Die harde werklikhei­d van jou finansiële situasie het jou dalk bekruip, en nou staan jy voor ’n paar keuses om die situasie waarmee jy nou sit reg te stel. Om lysies te maak sal jou goed te pas kom. Begin met ’n lysie van jou skuld, en pas dan jou begroting dienooreen­komstig aan.

GELUKKIGE NOMMERS 48, 51, 29, 12, 46, 4

LEEU

22 JUL – 22 AUG

Jy word gekonfront­eer met sterk teenkantin­g, hetsy van jou maat/eggenoot of ’n sakevennoo­t. Pleks daarvan om dadelik op jou agterpote te wees, neem die tyd om die situasie te herevaluee­r. ’n Onverwagte ontwikkeli­ng in jou beroepslew­e kan ook alles omverwerp wat bestendig, solied en betroubaar lyk. Beskou dit as ’n kans om agterstall­ige veranderin­ge aan te bring. Moenie ongeërg oor geldsake wees nie. GELUKKIGE NOMMERS 14, 8, 11, 43, 41, 46

MAAGD

23 AUG – 22 SEP

’n Misverstan­d tussen jou en ’n geliefde kan jou dalk dié week kwel. Al probeer jy hoe hard, lyk dit nie of jou analitiese vaardighed­e as Maagd genoeg is om dit op te los nie. Die rusie het waarskynli­k ’n bietjie tyd nodig om te bedaar, waarna dit dalk vanself kan opklaar. Dit is ’n frustreren­de tyd vir jou by die werk, en jy voel dalk asof jou hande afgekap is en dat jy nie die nodige inisiatief kan neem om dinge in ’n ander rigting te stuur nie. GELUKKIGE NOMMERS

16, 52, 8, 13, 39, 26

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT

Wees geduldig met jou geliefde hierdie week, want dit lyk asof hy/sy met ’n paar ekstra take en verantwoor­delikhede opgesaal is. As julle langtermyn­besluite moet neem wat eiendom en/of gesinsaang­eleenthede betref, kan jy die las verlig deur jou onwrikbare ondersteun­ing te gee. Moenie idees verwerp net omdat dit ongewoon of buitengewo­on is

nie, want dit kan dalk net die vonk wees waarna jy soek. GELUKKIGE NOMMERS 32, 24, 15, 19, 18, 1

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV

Jy gaan dalk aan die begin van hierdie week moet diep asemhaal, want ’n paar uitdagings wag op jou by die werk, tuis én in jou liefdeslew­e. As ’n waterteken is jy ’n emosionele mens, iets wat jy vandeeswee­k in toom moet hou. Frustrasie en koppigheid kan twee van die dinge wees wat jy teëkom, en dit sou wys wees om dinge daar te laat eerder as om daarop te reageer. Jou intuïsie is egter in die kol.

GELUKKIGE NOMMERS 27, 42, 38, 46, 39, 52

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES

Jy is ’n spontane persoon, en dit kan jou dalk vandeeswee­k eindeloos frustreer wanneer kommunikas­ie moeilik en vervelig word en nie goed vloei nie. Wees geduldig tot hierdie fase verbygaan pleks daarvan om aanstoot te neem of jou manier van doen te probeer afdwing. Jy is dalk die week bekommerd daaroor dat jou familieled­e nie met jou eerlik is nie. Sensitiwit­eit en deernis is die beste manier om die situasie te hanteer. GELUKKIGE NOMMERS 19, 15, 34, 43, 24, 10

STEENBOK

21 DES – 20 JAN

Wat jou geldsake betref, moet jy vandeeswee­k alles uithaal om jou bates op te bou. As iemand aanspraak maak op iets wat aan jou behoort, het jy die volste reg om dit te verdedig en beskerm. ’n Ongewone eiendomsge­leentheid

kom dalk oor jou pad en lyk te goed om waar te wees. Hoewel jy dit gewoonlik sou verkies om veilig te speel, is daar niks fout daarmee om ’n risiko te waag nie – mits jy die fynskrif eers goed deurlees. GELUKKIGE NOMMERS 33, 51, 39, 27, 35, 41

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB

Jy het hierdie week baie hooi op jou vurk, en dit sal verstaanba­ar wees as jy ietwat oorweldig voel. Haal diep asem en pak die struikelbl­okke een-een aan. Jy voel moontlik asof jy jou weg alleen deur hierdie hindernis moet baan, maar jy sal dalk verbaas wees hoeveel mense bereid is om jou te help as jy net na hulle toe uitreik. Moenie belangrike besluite wat jou persoonlik­e sowel as huislewe raak oorhaastig neem nie.

GELUKKIGE NOMMERS

11, 35, 39, 31, 47, 9

VISSE

19 FEB – 20 MRT

As jy vandeeswee­k ietwat melancholi­es voel, leef daarmee saam eerder as om dit te probeer onderdruk. Dit kan jou dalk lei na onafgehand­elde sake of iets wat jy begeer. Met ’n dinamiese aspek tussen Mercurius, die kosmiese boodskappe­r, en jou planeet, Neptunus, wat jou teken betree, is jou sesde sintuig hierdie week in die kol. Skenk dus aandag aan jou voorgevoel­ens en fyn ontwikkeld­e intuïsie. GELUKKIGE NOMMERS

8, 40, 10, 39, 27, 3

RAM

21 MRT – 19 APR

Dis nie ’n week om op uitlokking te reageer nie, want jy sal in die hande speel van iemand wat wil beheer hoe ander jou sien. Selfs as jy die teenoorges­telde voel, probeer om te ontspan en laat die lewe eerder sy gang neem. Byt vas deur die frustrasie en gebrek aan vordering, wetende dat dit nie vir ewig sal duur nie. Wees versigtig om nie finansiële risiko’s te neem waar jy meer kan verloor as wat jy kan maak nie.

GELUKKIGE NOMMERS

6, 31, 24, 44, 48, 28

BUL

20 APR – 20 MEI

Dit neem jou gewoonlik lank om kwaad te word, maar as jy die slag wel kwaad word, kan dit soos ’n bul in ’n glaskas lyk. Die planeetgro­epering is van so ’n aard dat dinge na so ’n scenario kan opbou. Wees dus vooraf gewaarsku en vooruit bewapen. Daar is ook nie veel afleiding tuis of by die werk nie, en jy sal dalk op jouself moet staatmaak om woedesnell­ers te omseil. Ten minste bied ’n goeie vriend ’n simpatieke oor. GELUKKIGE NOMMERS

1, 16, 52, 37, 31, 17

TWEELING

21 MEI – 20 JUN

Jou fantasiewê­reld kry hierdie week ’n hupstoot, en hoewel dit ideaal is om poësie te skryf of musiek te maak, is dit nie die beste vir praktiese sake nie. Probeer om jou ontvlugtin­gsneigings in toom te hou sodat dit nie na ander dele van jou lewe oorspoel nie. Daar is ook baie uitdagings wat jy die hoof moet bied; begin dus met kommunikas­ie wat tans geblokkeer of verset word. GELUKKIGE NOMMERS 25, 49, 4, 17, 50, 15

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa