Huisgenoot

Die G7-beraad en wat dit vir ons beteken

-

DIE G7-beraad word elke jaar gehou. Dis ’n vergaderin­g van die sewe leidende nywerheids­lande: Amerika, Brittanje, Kanada, Frankryk, Duitsland, Italië en Japan.

Elkeen neem beurte om gasheer vir die beraad te speel. Verlede jaar sou dit in Amerika gewees het, maar dis weens die coronakris­is afgestel. Vanjaar is dit van 11 tot 13 Junie in Engeland op die kusdorpie Carbis Bay in Cornwall aangebied.

Op elke beraad bespreek die sewe leiers van die belangriks­te kwessies waardeur mense reg oor die wêreld in die gesig gestaar word.

Vanjaar is covid-19-inentings, die klimaatskr­isis en opvoeding vir meisies die hoogste op die agenda. Die leiers van Indië, Australië, SuidKorea en Suid-Afrika is ook genooi om die beraad as gaste by te woon. Pres. Cyril Ramaphosa het ook daar ’n draai gemaak.

Die leiers het, onder meer, belowe om met mekaar saam te werk om entstowwe te deel met ander nasies met die doelwit om die hele wêreld teen covid te beskerm.

Die klimaatskr­isis is ook bespreek, veral om maniere te kry om armer lande te help om skadelike gasvrystel­lings te bekamp wat tot aardverhit­ting bydra. Die leiers het ook ooreengeko­m om in die volgende vyf jaar 40 miljoen meisies van minder gegoede lande te help om ’n skoolopvoe­ding te kry.

Die gasheer, Brittanje, het ’n 25-bladsye-dokument, in diplomatie­ke taal bekend as ’n communiqué, uitgereik wat opsom wat alles bereik is.

“Die besluite wat ons in dié dekade neem, veral die besluite wat die mees ontwikkeld­e lande neem, is die belangriks­te besluite in die mensdom se geskiedeni­s,” het die vername omgewingsa­ktivis David Attenborou­gh in ’n toespraak aan die leiers gesê.

Hoe het die G7-beraad ontstaan?

In die vroeë 1970’s het die ministers van finansies van Amerika, Frankryk, Duitsland en Brittanje informeel met mekaar begin kommunikee­r oor allerhande kwessies wat eie was aan hul lande. Met soortgelyk­e ekonomiese ontwikkeli­ng het hulle agtergekom hulle deel baie van dieselfde probleme. Later het Japan, Kanada en Italië bygekom. Die eerste amptelike beraad is in 1975 gehou. Rusland het in 1998 bygekom, wat dit toe die G8 gemaak het, maar hulle is weer in 2014 uitgeskop nadat hulle die Krim-skiereilan­d onregmatig beset het.

Het hulle enige mag?

Die groep leiers kan nie juis wette maak nie omdat hulle van verskillen­de lande kom met verskillen­de prosesse. Maar hul besluite het ’n globale invloed. In 2002 het hulle byvoorbeel­d ’n wêreldwye fonds gestig om te help veg teen malaria en vigs; so het hulle ’n reusebydra­e gelewer wat geld én bewustheid betref.

 ??  ?? Johnson en pres. Cyril Ramaphosa.
Agter (van links): Ursula von der Leyen, leier van die Europese Kommissie; Yoshihide Suga, Japan se premier; Justin Trudeau, Kanada se premier; Mario Draghi, Italië se premier; en Charles Michel, voorsitter van die Europese Raad. Voor: Angela Merkel, kansellier van Duitsland, Emmanuel Macron, president van Frankryk, koningin Elizabeth; Boris Johnson, premier van die Verenigde Koninkryk, en Joe Biden, president van die VSA.
Koningin Elizabeth gesels met Macron, Merkel, Suga en Von der Leyen.
Johnson groet Suga en sy vrou, Mariko.
Johnson en pres. Cyril Ramaphosa. Agter (van links): Ursula von der Leyen, leier van die Europese Kommissie; Yoshihide Suga, Japan se premier; Justin Trudeau, Kanada se premier; Mario Draghi, Italië se premier; en Charles Michel, voorsitter van die Europese Raad. Voor: Angela Merkel, kansellier van Duitsland, Emmanuel Macron, president van Frankryk, koningin Elizabeth; Boris Johnson, premier van die Verenigde Koninkryk, en Joe Biden, president van die VSA. Koningin Elizabeth gesels met Macron, Merkel, Suga en Von der Leyen. Johnson groet Suga en sy vrou, Mariko.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa