Huisgenoot

SODABESLAG­STOKVIS MET ’N KRUIEDOOPS­OUS

-

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING EN GAARMAAK: 50 MIN.

STOKVIS

250 ml (1 k) meel

2,5 ml (½ t) paprika

5 ml (1 t) knoffelsou­t

7,5 ml (½ e) Cajun-speserye sout en swartpeper, na smaak

1 groot eier 250 ml (1 k) sodawater, verkoel

1 L (4 k) kanola-olie vir braai

1 kg stokvisfil­ette, met vel aan, maar grate verwyder KRUIEDOOPS­OUS

250 ml (1 k) mayonnaise 15 ml (1 e) Dijonmoste­rd 1 groot gepiekelde agurkie, fyngekap

15 g vars pietersiel­ie, gekap 10 g vars dille, gekap

10 ml (2 t) vars uitgedrukt­e suurlemoen­sap sout en peper, na smaak

VIR VOORSIT gebraaide aartappels­kyfies suurlemoen­wiggies

1 Stokvis Meng die meel, paprika, knoffelsou­t, Cajun-speserye en sout en peper in ’n groot bak.

2 Klits die eier en sodawater saam in ’n ander bak.

3 Maak ’n beslag deur die nat bestanddel­e stadig met die droë bestanddel­e te meng terwyl jy heeltyd klits. Laat die beslag 10-15 min. eenkant rus.

4 Verhit die kanola-olie tot 180 °C in ’n middelslag­tot groot diep pan oor matige tot hoë hitte. 5 Doop die stokvisfil­ette in die beslag. Sorg dat dit egalig bedek is en skud enige oortollige beslag af.

6 Laat sak een tot twee stokvisfil­ette op ’n slag versigtig in die warm olie. Moenie die pan oorvol maak nie. Braai die filette 6 min. of tot goudbruin.

7 Skep die filette uit die olie wanneer dit gaar is en plaas dit op kombuispap­ier om enige oortollige olie te dreineer.

8 Kruiedoops­ous Meng al die bestanddel­e goed in ’n klein bak.

9 Vir voorsit Sit die stokvisfil­ette warm voor saam met gebraaide aartappels­kyfies, suurlemoen­wiggies en die kruiedoops­ous.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa