Huisgenoot

PA EN DOGTER HET GEEN BAND

-

Ek het ’n seun en ook ’n jonger dogter wat ’n beplande baba was. Sy is nou ’n tiener. Van babatyd af wou sy nie eens hê dat my man haar bottel gee nie. My man is nou reeds 12 jaar nugter en het ’n hegte band met ons seun. Hy is baie lief vir ons dogter, maar sy hou hom nog al die jare op ’n afstand. Sy het ons reeds in haar senior laerskoolj­are ingelig dat sy gay is. Het die swak verhouding met haar pa daartoe bygedra? Ek sien hoe sy met hartseer na ander pa’s en dogters kyk. Hoe help ek hulle om ’n beter band te vorm? Ek kry seer vir hulle onthalwe.

Raadop

Mense vra dikwels of dit vir ’n kind nodig is om ’n verhouding met hul pa te hê. Kenners sê kinders wat ’n sterk band met albei ouers het, is meer geneig om positiewe verhouding­s met ander mense aan te knoop. Hulle is meer selfregule­rend (wat beteken hulle weet hoe om hul eie emosies te bestuur) en kan op ’n meer gebalansee­rde emosionele vlak terugslae en krisisse hanteer. Daar is egter ook bewys dat kinders van enkelouers hulself baie goed kan handhaaf.

Pa-dogter-verhouding­s is ’n vrou se eerste ervaring met ’n man. In dié kosbare verhouding leer ’n dogter hoe ’n man ’n vrou hanteer, watter gedrag aanvaarbaa­r vir haar is en hoe om onvoorwaar­delik liefgehê te word. Dit ontbreek by jou dogter en haar pa.

Jou man wys dat hy ’n sterk mens is: Hy het die drankduiwe­l geklop en bly lief vir sy afsydige dogter. Die situasie moet hom baie seer maak.

Julle het profession­ele hulp nodig om ’n oplossing te vind en die nodige leiding te ontvang.

Gesinsbera­ding die enigste uitweg. Hopelik sal jou dogter ook die vrymoedigh­eid hê om te deel hoekom sy oor haar pa voel soos sy voel. Jou vrae oor jou dogter se seksuele oriëntasie kan ook beantwoord word. Volpunte aan julle as ouers dat julle haar nie verwerp nie en lief bly vir haar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa